ʼn Vrou het naby Butterworth in die Oos-Kaap tydens ʼn brand in haar huis verkool, het die polisie Saterdag gesê.
“Die vrou was besig om brandstof te meng vir haar tweeslag-grassnyer,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy het die brandstof gemeng langs ʼn paraffienverwarmer wat in die huis gebrand het.”
Daar was ʼn ontploffing en ʼn brand het uitgebreek.
“Die kinders kon ongedeerd ontsnap, maar die 47-jarige ma was in die huis vasgekeer,” het Manatha bygevoeg. “Sy het in die brand omgekom.”
Haar kinders het gesê sy wou Saterdagoggend die gras sny.
Simpatie. Meegevoel met kinders wat n steunpilaar in n moeder verloor het. Ek stel voor dat daar n deeglike tv – program m.b.t veiligheid in en om die huis geskep word. Sekere vlambare produkte moet van die mark verwyder word. Kinders is lewenslange slagoffers daarvan en dit omdat ouers dit nie met verantwoordelikheid hanteer nie,