ʼn Vrou is dood en nog vier mense beseer tydens ʼn gru-ongeluk Dinsdagmiddag in Dinkelmanweg in Pinetown, KwaZulu-Natal.
Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 13:50 plaasgevind. Volgens Dollman is die paaie in dié gebied verskillende hoogtes en het ʼn motoris na bewering op ʼn draai beheer oor die voertuig verloor. Die voertuig het die pad verlaat en dit het bo-op ʼn ander motor op ʼn pad ondertoe beland voordat dit tot teen ʼn muur gerol het.
“Vier van die insittendes in die motor wat gerol het, het geringe tot matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is,” het Dollman gesê. “Die vroulike bestuurder in die ander voertuig het egter ernstige beserings opgedoen en het op die toneel aan haar wonde beswyk. Sy was vermoedelik in haar 30’s.”
Dollman het gesê die pad was vir ʼn ruk gesluit en die verkeer herlei terwyl die toneel opgeruim is.
Die polisie ondersoek die voorval.
Dit klink baie erg,sterkte aan die familie.
Sjoe dis erg,ai sterkte aan die familie……..
Tragies om so dood te raak. Was/is daar enige padrelings op daardie draai reeds om sulke ongelukke te voorkom of is daar gedeeltes weg soos by die brug oor die Vaalrivier op die R57 by Vanderbijlpark? Aan die Gautengkant is daar 3 sulke plekke en een aan Vrystaatkant digby die brug. Die oorblywende gedeeltes kyk jou reg in die gesig en sal jou en jou voertuig deurboor. Daar is enkele dae gelede by hierdie brug ‘n motorfietsryer oorlede aan sy beserings nadat hy trompop teen die punt van die reling vasgery het want die gedeelte wat afwaarts in die grond gaan is net doodeenvoudig weg!! Aan die Vrystaatkant is daar ook enkele dae gelede ‘n taxi af tot in ‘n 5m diep sloot waar die reling ook ontbreek.
Aangrensend by Stonehaven is die Baddrifpad en -brug waar daar verskeie ‘gebreklike’ relings is, voorgaande alles binne twee km.
Dit maak van “Arrive Alive” (Kom Veilig Tuis) ‘n sirkus. Eerder is dit ‘Kom Vuilig Tuis’.
Vergun my om ook te noem dat daar weinig padrelings is by die pilare van oorhoofse paaie. Menige voertuie het al in hierdie betonpilare vasgery met noodlottige gevolge.