Vrou sterf toe motor by Chapmanspiek afstort

Die twee insittendes was vermoedelik toeriste. (Foto: Cape Medical Service/Facebook)

Tientalle boodskappe van medelye het ingestroom ná die dood van ʼn vrou toe ʼn motor met twee insittendes Vrydagmiddag by Chapmanspiek in die Kaapse Skiereiland afgestort het.

Die voertuig het teen die hang, naby die water, te lande gekom.

Die nooddiens Cape Medical Response sê paramedici, nooddienswerkers en lede van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het die twee insittendes teen die hang te hulp gesnel. Die vrou is dood verklaar terwyl die man in ʼn bedenklike toestand was.

Die plek waar die voertuig naastenby tot stilstand gekom het. (Foto soos verskaf deur WSAR)

Albei was in die voertuig vasgekeer en moes met die hulp van meganiese toerusting losgesny word.

Die man is met ʼn helikopter na ʼn ambulans vervoer, waarna hy na ʼn Kaapstadse hospitaal vir verdere behandeling geneem is.

Die vrou se liggaam is ook per helikopter van die wrak na die kant van die pad gebring en aan die forensiese patologiedienste oorhandig.

Die twee was vermoedelik toeriste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Toeriste : kom miskien van ‘n land waar hulle aan die regter kant bestuur, en net vir ‘n oomblik aan die verkeerde kant van die pad gery? ‘n Dame van die maatskappy waar ek gewerk het is erinstig beseer naby die lughawe toe toeriste aan die verkeerde kant van die pad bestuur het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.