Vrou sterf toe motor deur hek ploeg

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Jong vrou is Saterdagoggend in Claremont naby Pinetown, KwaZulu-Natal, dood nadat ʼn motor haar getref en daarna deur die hek van ʼn huis geploeg het.

Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op Claremontweg gebeur. Nadat die motor die vrou, vermoedelik in haar 20’s, getref het, het sy in die erf voor die huis te lande gekom.

“Paramedici het die vrou ondersoek en bevind dat sy veelvuldige en ernstige beserings opgedoen het. Sy het geen reaksie getoon nie. Hulle het die vrou probeer bybring, maar sy is ongelukkig op die toneel oorlede.”

Foto: ER24

Foto: ER24

Bodasing-Harduth het gesê dit is nog nie bekend wat veroorsaak het dat die bestuurder van die motor beheer oor die voertuig verloor het nie. “Volgens omstanders op die toneel het die bestuurder glo met ʼn vriend hospitaal toe gejaag nadat hy met ʼn mes gesteek is en toe beheer oor die motor verloor,” het sy gesê. Iemand het glo die vriend vanaf die ongelukstoneel na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie was op die toneel en sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

Paramedici het die slagoffer op die toneel ondersoek maar sy is op die toneel oorlede. Hulle beter ‘n tweede opinie vra want paar dae gelede het paramedici iemand in KZN dood verklaar en die volgende oggend is hy lewend gevind in ‘n yskas. Hy het egter (miskien die yskas) nie lank oorleef nie. So, ‘n tweede opinie is nodig.

Eugene ·

@ Cherokee- Jy is so wys ek dink jy het jou beroep gemis. Jy kan eintlik alles doen.

Cherokee ·

Ek skryf jou naam onder die lys van my aanhangers, Eugene. Dit klink asof jy selfs weet wat my beroep is. Waarskynlik is jy ‘n paramedikus.

DS ·

Cherokee jy mag dink die opmerking wat jy maak is snaaks. Dink aan die oorledene se familie miskien is dit dan MINDER snaaks vir jou. Sterkte aan die familie want ek weet hoe seer dit is om iemand aan die dood af te staan

Poppie ·

Cherokee ek stem saam met jou. Te veel mense word deesdae lewendig begrawe.
Die wat dit nie weet of glo nie, moet jou nie aan hulle steur nie. Sterkte aan die vrou se gesin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.