Vrou sterf toe motor haar tref

Argieffoto: ER24

ʼn Vrou van Potchefstroom in Noordwes, vermoedelik in haar 20’s, is Saterdagmiddag dood toe ʼn voertuig haar raakgery het.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê die voorval het glo in Nelson Mandela-rylaan plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het die vrou op die eiland in die middel van die pad gelê. Hulle kon niks vir haar doen nie en sy is op die toneel dood verklaar,” sê hy.

Volgens die oorledene se broer, saam met wie sy glo die pad wou oorsteek, het hy haar voor die noodlottige ongeluk “uit die pad [van die motor]” probeer stamp, maar sy is steeds deur die motor getref.

Vermaak sê twee insittendes van die motor is ook ondersoek, maar hulle het geen beserings opgedoen nie.

ʼn Polisieondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Annie ·

Dit maak my woedend as voetgangers oor paaie loop getrap word dan word die motoris ondersoek en hul sal altyd die letsels dra vir voetgangers se onverantwoordelikheid.

Pieta ·

Annie, lees asb die betrokke sin VOLLEDIG. Die insittendes is vir BESERINGS ondersoek, nie vir iets anders nie…

Vermeende ·

Annie jy is onkundig, voetgangers het voorrang op paaie.
Wanneer laas het jy gesien waar n motorris afgetrek word en n kaartjie kry in n dorp of woonbuurt, ek het dit laas in die 80’s gesien. Wette word nie meer af vorseer nie, dit het makliker geword om spoed kaartjies met n kamera te gee op natioenale paaie.
Jy is reg ook, want vir voetgangers is daar voetoorgamge wat nooit gebruik word nie.

Hans ·

Ek stem saam met jul al 2. Voetgangers het voorgang sleg by die zebra strepe, tog moet hul ook net kyk en nie net stap of hardloop nie. Tog is die zebra strepe net nog n versiering op die pad. Al gesien hoeveel skoolkinders loop nie meer oor die zebra streep nie nadat ma of pa hul afgelaai het nie. Dit begin ongelukkig als by opvoeding by die huis.
Poppie die hele sin lees “n polisie ondersoek na die voorval duurvoort”. Dit is nie duidelik gestel dat die bestuurder of voetganer nalatig is nie. Dit meen die hele situasie word ondersoek om te bepaal wie was nalatig.

RH ·

al die gestry oor n polisie ondersoek wat na elke ongeluk of gebeurtenis MOET plaasvind tenspyte van wie of wat gedoen en gebeur het. Die bestuurder en sy/haar passasier is ook MEDIES ondersoek, OOK soos noodwendig in alle ongelukke. Ek twyfel sterk of dit enigsins aspris was, daarom word dit n ONGELUK genoem. Watookal gebeur het is n lewe geneem. Die broer het sy sus probeer red. Mens kry ook moetswillige mense wat bestuur en dink omdat n voetganger nie die pad oorsteek by die regte plek gee dit hulle wat die bestuurders is, die reg om voet op die petrol te sit “as n waarskuwing” kamstig en dan gebeur sulke ongelukke ook. Ek se nie dis wat gebeur het nie, maar dat jy WEL sulke bestuurders kry. Ek het dit al gesien en gehoor! Brieke word gemaak vir n rede oor die algemeen. As daar nie briekmerke oop daai toneel is nie, was daar dan heel moontlik geen plan vir die motor om te wil keer nie. Dis baie sad. Almal moet maar almal net eenvoudig in ag neem tenspyte van reg of verkeerd. Almal se lewens is kosbaar.

Potch ·

Ter inligting: Die voorval het by ‘n verkeersligbeheerde kruising, wat deel van die besige N12 is, plaasgevind. Die betrokke voertuig het wel gerem, maar kon die botsing nie vermy nie – remmerke van 5 meter is steeds in die kruising sigbaar. Voetgangers probeer dikwels daar om tussen die verkeer deur te hardloop. In hierdie geval het die oorledene haar egter met die afstand na die aankomende motor misgis, skielik oor die pad probeer hardloop en is deur die middel van die voertuig se voorkant getref. Die polisieondersoek sal al hierdie feite uitklaar. Poppie, Pieta is heeltemal reg – Annie het nie na die polisieondersoek verwys nie, want sy was woedend oor die “ondersoek van die insittendes”, wat egter blyk mediese ondersoek te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.