Vrou sterf toe motor haar tref

Argieffoto: ER24

ʼn Vrou van Potchefstroom in Noordwes, vermoedelik in haar 20’s, is Saterdagmiddag dood toe ʼn voertuig haar raakgery het.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê die voorval het glo in Nelson Mandela-rylaan plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het die vrou op die eiland in die middel van die pad gelê. Hulle kon niks vir haar doen nie en sy is op die toneel dood verklaar,” sê hy.

Volgens die oorledene se broer, saam met wie sy glo die pad wou oorsteek, het hy haar voor die noodlottige ongeluk “uit die pad [van die motor]” probeer stamp, maar sy is steeds deur die motor getref.

Vermaak sê twee insittendes van die motor is ook ondersoek, maar hulle het geen beserings opgedoen nie.

ʼn Polisieondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Annie

Dit maak my woedend as voetgangers oor paaie loop getrap word dan word die motoris ondersoek en hul sal altyd die letsels dra vir voetgangers se onverantwoordelikheid.

Vermeende

Annie jy is onkundig, voetgangers het voorrang op paaie.
Wanneer laas het jy gesien waar n motorris afgetrek word en n kaartjie kry in n dorp of woonbuurt, ek het dit laas in die 80’s gesien. Wette word nie meer af vorseer nie, dit het makliker geword om spoed kaartjies met n kamera te gee op natioenale paaie.
Jy is reg ook, want vir voetgangers is daar voetoorgamge wat nooit gebruik word nie.

Poppie

Pieta. Jy moet verder lees. … n Polisie ondersoek…

RH

al die gestry oor n polisie ondersoek wat na elke ongeluk of gebeurtenis MOET plaasvind tenspyte van wie of wat gedoen en gebeur het. Die bestuurder en sy/haar passasier is ook MEDIES ondersoek, OOK soos noodwendig in alle ongelukke. Ek twyfel sterk of dit enigsins aspris was, daarom word dit n ONGELUK genoem. Watookal gebeur het is n lewe geneem. Die broer het sy sus probeer red. Mens kry ook moetswillige mense wat bestuur en dink omdat n voetganger nie die pad oorsteek by die regte plek gee dit hulle wat die bestuurders is, die reg om voet op die… Lees meer »

Potch

Ter inligting: Die voorval het by ‘n verkeersligbeheerde kruising, wat deel van die besige N12 is, plaasgevind. Die betrokke voertuig het wel gerem, maar kon die botsing nie vermy nie – remmerke van 5 meter is steeds in die kruising sigbaar. Voetgangers probeer dikwels daar om tussen die verkeer deur te hardloop. In hierdie geval het die oorledene haar egter met die afstand na die aankomende motor misgis, skielik oor die pad probeer hardloop en is deur die middel van die voertuig se voorkant getref. Die polisieondersoek sal al hierdie feite uitklaar. Poppie, Pieta is heeltemal reg – Annie het… Lees meer »