Vrou sterf toe motor in voetgangers inploeg

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Vrou is dood en drie mense is ernstig beseer toe die bestuurder van ʼn motor in ʼn groep voetgangers ingeploeg het op die R102 in Tongaat, noord van Durban.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel is daar gevind dat drie voetgangers deur die motor raakgery is. Die motor het in ‘n veld langs die pad tot stilstand gekom. Een van die voetgangers, ʼn vrou, is op die toneel dood verklaar.

Volgens Botha is die bestuurder van die motor en die ander twee voetgangers ernstig beseer in die ongeluk. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa B ·

Ek is nou nie lelik nie, maar ek wonder nou net oor daardie “L” op die agterruit Hier by ons is baie sulke (splinternuwe) karre en as jy nader kom kan jy sien – hierdie bestuurder leer hom/haarself. Geen passasier nie. Lyk vir my dat bogenoemde geval iets soortgelyks was.

MM ·

Ek wonder maar net waar is my kommentaar? En daar was niks in wat enige een kan aanstoot gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.