Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel is daar gevind dat drie voetgangers deur die motor raakgery is. Die motor het in ‘n veld langs die pad tot stilstand gekom. Een van die voetgangers, ʼn vrou, is op die toneel dood verklaar.
Volgens Botha is die bestuurder van die motor en die ander twee voetgangers ernstig beseer in die ongeluk. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Die voorval word ondersoek.
Ek is nou nie lelik nie, maar ek wonder nou net oor daardie “L” op die agterruit Hier by ons is baie sulke (splinternuwe) karre en as jy nader kom kan jy sien – hierdie bestuurder leer hom/haarself. Geen passasier nie. Lyk vir my dat bogenoemde geval iets soortgelyks was.
Ek wonder maar net waar is my kommentaar? En daar was niks in wat enige een kan aanstoot gee.