Vrou sterf toe motor pad verlaat

Die motor het oor die rotse gerol en uiteindelik in die see beland. (Foto: Verskaf)

’n Vrou is dood toe ’n motor Dinsdag in die omgewing van Rooiels in die Wes-Kaap die pad verlaat en oor rotse in die see beland het.

Die bestuurder van die blou Suzuki Jimny en twee kinders is ook tydens die voorval beseer.

Ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê die bestuurder van die Suzuki het omstreeks 16:40 van Rooiels in die rigting van Gordonsbaai gery toe hy beheer oor die motor op die R44 verloor het.

“Die voertuig het volgens berigte die pad verlaat, omgeslaan, oor die rotse gerol en uiteindelik in die see beland.”

Een van die 78-jarige man se passasiers, ’n vrou, is op die toneel dood verklaar. Haar ouderdom is nie bekend gemaak nie.

Die man en twee kinders, onderskeidelik 2 en tien jaar oud, het beserings tydens die voorval opgedoen en is hospitaal toe geneem.

Die motor het oor die rotse gerol en uiteindelik in die see beland. (Foto: Verskaf)

Jandre Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer, sê die beseerdes is na Mediclinic Vergelegen in Somerset-Wes geneem vir mediese behandeling.

Die R44 is nie weens die voorval gesluit nie.

Die polisie in Gordonsbaai ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Diline

Sjoe, 78 jaar en bestuur nog?

Andre

Baie lekker pad om met my motorfiets te ry, sterkte aan die families.

Kremetart

Sjoe, jammer om te hoor. Baie sterkte aan die familie!

Solomon

Ek is 83 en daag jongmense uit om so goed soos ek te kan bestuur.