Vrou sterf toe motor teen boom bots

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou is Saterdagmiddag dood toe sy net buite Bloemfontein beheer oor haar motor verloor het en teen ʼn boom gebots het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou het met haar Citi Golf teen ʼn boom op die Abrahamskraalpad in Bainsvlei gebots. Die vrou is uit haar motor geslinger en toe paramedici op die toneel opdaag, het hulle haar etlike meter van die ongelukstoneel af gevind.

“Die vrou, vermoedelik in haar laat 30’s of vroeë 40’s, het reeds aan haar beserings beswyk. Daar was niks wat vir haar gedoen kon word nie en sy is op die toneel dood verklaar,” het Bodasing gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Die polisie is van die ongeluk in kennis gestel, het Bodasing gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.