ʼn Vrou is Saterdagoggend op die R300 naby Stellenbosch dood toe die voorkant van die motor waarin sy was oopgeskeur is toe dit vermoedelik teen ʼn brug gebots het.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê toe paramedici by die toneel opdaag, het die vrou ʼn paar meter weg van die wrak van die voertuig gelê. “Paramedici het haar ondersoek, maar sy het geen tekens van lewe getoon nie. Daar was niks wat vir haar gedoen kon word nie en sy is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.
ʼn Man wat vermoedelik die motor bestuur het, het op die toneel rondgeloop. Hy is behandel vir snye en kneuswonde voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.
“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend, maar daar word vermoed dat die motor in ʼn voetgangerbrug vasgery het wat veroorsaak het dat dit oopgeruk is,” het Vermaak gesê. Die polisie sal die ongeluk ondersoek.
Die R300 is naby Stellenbosch,, nou toe nou, dis nuus vir iemand wat al 30 jaar in Bellville bly.
My gedagte ook.
Foto lyk na Kuilsrivier.
R300 naby Stellenbosch? Oe eh eh… Ek dink nie so nie…. Dit gaan geensins verby Stellenbosch nie…
Hulle meen heel moontlik op die R300 naby die Stellenbosch Arterial.
Die persoon wat die berig geskryf het ken heel moonltik nie ie geboed so goed nie, en besef nie dat Stellenbosch nie langs die R300 pad is nie.
Dalk is die DA ook nou besig om nog name en R-nommers te verander.
Asseblief one innie die Kaap weet dit. Dankie Maroela vir die GRATIS nuus. Ek is seker daar is baie wat nie omgee vir spelfoute en verkeerde adresse nie maar om one op hoogte tehou vir wat werklik saak maak
Sjoe, is tragies!