Vrou sterf toe rowers op geldwa toeslaan

Argieffoto

Twee vermeende transitorowers is spoedig in hegtenis geneem ná ʼn transitorooftog Maandag om 18:30 op die N2 in Mthatha in die Oos-Kaap waartydens een vrou dood en ʼn man gewond is.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die flink inhegtenisnemings verwelkom.

Tydens die rooftog het verdagtes wat in ʼn bakkie gereis het op ʼn transitovoertuig geskiet en dit tot stilstand gedwing. “Hulle het toe drie veiligheidswagte ontwapen, hulle vasgebind en gedwing om die kluis oop te maak. Die rowers het hulle uit die voete gemaak met ʼn onbevestigde hoeveelheid kontant en drie vuurwapens wat aan die wagte behoort,” het Naidoo gesê.

ʼn 30-jarige vrou is doodgeskiet en ʼn man is gewond terwyl die verdagtes op die geldwa losgebrand en dwaalkoeëls drie ander voertuie getref het.

Owerhede het hul 72-uur-aksieplan vir transitorooftogte geaktiveer en die voertuig is in Maclear opgespoor.

“Slegs ure daarna, omstreeks 21:30, het die span ʼn voertuig sonder registrasienommers by ʼn vulstasie in Mthatha deursoek en beskadigde kontant en ʼn ongelisensieerde pistool aangetref en daarop beslag gelê. Twee mans wat glo verbind kan word met die rooftog is in hegtenis geneem. Die polisie is nog op soek na die oorblywende verdagtes,” het Naidoo gesê.

Sitole het gesê hy betuig sy opregte medelye met die gesin van die vrou en wens die gewonde man ʼn spoedige herstel toe.

“Ek wil die nasie verseker dat ons alles moontlik sal doen om dié wat verantwoordelik was vir die daad op te spoor en aan die pen te laat ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

25jaar ++ ·

Nog nooit naby hierdie geldwaens verbygeloop nie! Ek sal oor die pad op ander sypadjie loop… my hare staan regop as ek n geldwa sien…. ek sal eerder om die blok loop….

Nikita ·

Jy haal die woorde so uit my mond uit. Maar natuurlik, dis logies…..mense bly weg van die geldwaens af! Ek dink daar is nog steeds ouens wat in bubbles bly. Maar sterkte aan die wat nie om hulle kyk en wil hoor nie! Mense weet mos nou ons bly in Siek Afrika.

Hoc est bellum ·

Ek maak 180 grade U-draai en loop so vinnig as moontlik weg. Het in my Weermagdae gesien watter skade ‘n R4-opslagkoeël aan menslike weefsel kan aanrig.

F ·

Wonder of die BLF, ANC, EFF en die ANCYL, vroueliga en al diés gaan opdaag?

Johannes ·

Natuurlik nie! Dit is alles deel van ‘n groter plan om blankes in SA te vernietig…

aj ·

‘Onteiening sonder vergoeding!’

Raak gewoond daaraan!

Sekere partye benodig geld om kiesers mee om te koop voor die Verkiesing 2019.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.