Vrou sterf toe seiljag in storm beland

Foto verskaf deur Netcare 911

Twee mans en hul hond, van Oos-Londen, het oorleef, maar ʼn vrou is dood, toe hul seiljag in ʼn storm beland het.

Paramedici van Netcare 911, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), die SAPD en ʼn soek- en reddingspan van Durban is Dinsdagoggend vroeg ontplooi na ʼn vragskip wat die persone van hul seiljag gered het. Die seiljag was ongeveer 10 km van die kus van Durban.

“Die twee mans, ʼn vrou en hul hond het Vrydag vanaf die hawe van Oos-Londen in ʼn oostelike rigting gevaar op pad na Madagascar,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Hul 48 voet lange seiljag het Maandagmiddag in ʼn erge storm beland met groot golwe.”

Die seiljag was reeds gedeeltelik onder water toe ʼn vragskip van Malta, wat op pad was na Singapoer, opgemerk het die persone is in die moeilikheid. Die bemanning op die skip het dadelik met ʼn reddingspoging begin.

“Die skip se bemanning het met KPR begin toe die vrou aan boord was, maar alle pogings om haar by te bring, was tevergeefs,” het Herbst bygevoeg. Die twee mans en die hond het die voorval oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

humor ·

In hierdie moderne tyd is daar sekerlik weerburo wat akurate weervooruitsigte bekend maak????????????????

Cherokee ·

Akurate weerspellings, as die voorspelling vir eergister 31° C was en dit was beslis nie meer as 25° nie. Weervoorspellings is power. Ons het egter ‘n windsterkte gehad van 50kmu en dit was voorspel.

Carla ·

Ons het self al misgis met weer wat onvoorspelbaar verander op die waters. Die tipe “storms” gebeur gewoonlik wanneer die verskillende strome se winde mekaar kruis, dan kry jy ook nie vinnig genoeg jou seile om te sak nie. Met die hoë golwe, veroorsaak elke golf nog ekstra winde wat die seile rond pluk. Ek noem dit sommer die Bermuda Triangle. Die storm kan letterlik enige tyd begin, maar hul sou gewaarsku word voor hul uitgaan as daar enige storms voorspel was en in meeste gevalle verbied word om uit te gaan. Dit is bitter tragies wat met hul gebeur het. Sterkte aan die familie

JAN ·

Die ooskus is berug vir sy ontsagflike golwe wat uit die niet ontstaan agv dynings wat op mekaar klim , astware.
Suid ooste wind + noordelike seestroom + diepsee ooste golf wat die kus tref en terugkeer na die ooste. Al vier op mekaar – so hoog dat die Tenkskepe, wat hoeka diep lê, soos duikbote onder die water duik. En enjins moet stop en tru om uit te kom. !!! So word hulle boeg {neus] gebreek !!
Is dit waar ?

T ·

Dis so wonderlik dat die vragskip kom help het. Steeds tragies oor die verlies. Sterkte aan almal

Cherokee ·

Hulle is baie gelukkig om raak gesien te wees. Die bemanning op ‘n vragskip is beperk en veral omdat die see rof was, maak dit hulle uiters gelukkig dat hulle opgemerk is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.