Vrou sterf toe sy glo van betogers vlug

Paramedici op die toneel. (Foto: Verskaf)

ʼn Vrou is dood en twee mans ernstig beseer toe hulle Maandagoggend deur die dak van ʼn Durbanse winkelsentrum geval het terwyl hulle glo van ʼn groep betogers gevlug het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici is omstreeks 09:20 na ʼn winkelsentrum op Inandaweg in Springfield Park in die stad ontbied waarna polisie hulle na die toneel begelei het waar ʼn vrou, vermoedelik 45 jaar oud, deur die dak van die winkelsentrum geval het. Jamieson beweer die vrou het van betogers weggehardloop.

Hy verduidelik dat ʼn deel van dié dak se plafon van perspeks gemaak is en dat die vrou drie meter deur dié deel van die plafon tot op die grond geval het.

Die dak waardeur die vrou geval het. (Foto: Verskaf)

Die vrou het ernstige beserings tydens haar val opgedoen en daar was niks wat paramedici vir haar kon doen nie. Sy is op die toneel dood verklaar, het Jamieson gesê.

Twee mans is ook gedurende die chaos beseer toe hulle volgens Jamieson ook van die betogers gevlug en deur die dak geval het.  Albei is ernstig beseer en deur paramedici op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is.

Volgens Jamieson was die polisie en metropolisie op die toneel nadat die betoging in die gebied opgvlam het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Zwane is dit egter nog nie in dié stadium duidelik of die voorval aan die betoging toegeskryf kan word nie. “Betogings kom oral in daardie gebied voor,” het Zwane wel gesê. Hy kon nie meer besonderhede omtrent vanoggend se betoging verskaf nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Piet ·

Jammer hul moes met hul lewens boet maar ongelukkig is geweldadige betogings wettig en n allerdaagse ding in nuwe SA.

Ingrid ·

Dankie aan die voorgangers en hul simpel uitlatings. (Mense kan staak om hul lewensgehalte te verbeter) Wanneer gaan daar nuwe wette kom wat ons veiligheid kan “waarborg”?

Trol ·

Hulle kan staak. Hulle mag nie vandaliseer, intimideer, breek of brand nie. Wat het geword van die hof se bevinding so paar jaar terug dat die organiseersers van n staking verantwoordelik is vir die skase wat tydens die staking aangerig word? Niemand word ooit tot verantwoording geroep nie.

Jane ·

So dit is maar net fine? Die BETOGERS se reg om te BETOOG neem iemand anders se REG om te lewe weg? Waar is julle libs nou? Waar is julle betogers en mense nou wat altyd PRO betogings is en altyd so op MENSEREGTE aandring? WAAR WAS HAAR MENSEREGTE??

Marinda ·

Sterkte aan die familie van die oorledene.

Hierdie betogings. Laat my wonder wat sit werklik daaragter?

Adri ·

Wat maak sy op die dak? Hoekom vlug vir betogers? Hulle is mos vreedsame plakaatswaaiers wat niemand enige leed sal aandoen nie! Of dit is wat die woord “betoger” sê. As ‘n mens vir hulle moet vlug, is hulle nie meer net betogers nie.

Johan ·

Ek is al hartlik siek en sat om te hoor van die “vreedsame” betogings. Hierdie betogers tree op asof hulle beskawingsvlak maar besonder laag is. En die polisie is te bang om in te gryp….

? leser ·

op die dak ????, hoe het hulle daar gekom????, was die betogers ook op die dak ????
soveel vrae ????

willem Botha ·

Ek verstaan nie hoekom die probleem nie aangespreek word nie ,as daar 10 huise in enige area elke dag afbrand dan doen die brandweer nie hulle werk nie,hoekom as misdaad net styg en styg hoekom word die klomp in blou uniforms nie bymekaar gemaak nie .Hoe dink die kolonel waarom sal n vrou deur die dak val gebeur dit dan elke dag of is dit n tydverdryf in SA. Dit het tyd geword om te sê genoeg is genoeg doen julle werk om te dien en te beskerm of gaan pas beeste op in die berge sodat mense wat hulle werk kan doen opgelei en aangestel kan word.

Johan ·

Ek is al hartlik siek en sat om te hoor van die “vreedsame” betogings. Hierdie betogers tree op asof hulle beskawingsvlak maar besonder laag is. En die polisie is te bang om in te gryp….

TDW ·

Net ‘n klip in die bos, maar was hulle nie dalk deel van die betogers nie?

Dell ·

Laat ons raai, die polisie het gestaan en kyk hoe die vreedsame betoging plaasvind? Jammer dit is te laat vir hierdie vrou.

GM ·

Goed gestel Adri.
Ek sê ook, noem ‘n ding op sy naam en hou op met die versagtingswoordjies (eufemisme?) vir als. Watse ge’slagoffer’ is dit as ‘n krimineel doodgeskiet word, of ‘betoger’ as daar afgebrand word en mense se lewens in gevaar gestel word, of ‘leerder’ as jy jou klasmaat met ‘n mes doodgesteek het?

Ra Amon Khan ·

.
.

Dit is wettig om vir jou en jou vrou elkeen n handwapen te kry vir self-beskerming…..die proses is pynloos en ongelukkig tydsaam…ons het ons lisensies gekry binne 5 maande na die opleidings-kursus,competency aansoek en lisensie aansoek…dra dit nou saam soos n selfoon.

.
.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.