Vrou sterf toe sy haar man en sy meisie agternasit

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Vrou van Houston in Amerika is in ʼn trompop botsing dood nadat sy haar man en vermoedelik sy minnares agternagesit het.

Die ongeluk het laat Donderdagmiddag plaasgevind.

Nancy Acosta het glo eers haar vervreemde man se motor van agter gestamp toe sy beheer oor haar motor verloor het en ʼn blou Honda CRV reg van voor getref het. Sy is op die toneel dood verklaar. Die man in die Honda CRV is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Acosta se man en die vrou wat saam met hom in die motor was, is nie beseer nie.

Acosta laat drie kinders agter.

Volgens haar vriende was sy in ʼn ongelukkige verhouding vasgevang ondanks al haar opofferings.

Bron: Khou, ABC7, ABC13

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

KarooKlong ·

Skerp Peet,
Liefde is mos maar blind ook of hoe seg die spreekwoord.

Se maar net ·

Kan jy jou indink wat het deur haar kop gegaan?
Woede! Pyn ens, was dit nodig????

Asjas ·

Ek stem. As hulle nog nie geskei was nie dan kon sy die man en sy minares gedagvaar het. Geld koop nie geluk nie maar dit kon help om hom en daai sleg vrou uit haar sisteem te kry.
P.S. Was dit sy meisie of sy minares? Daar is ‘n verskil maar julle verwys na haar as albei.

KarooKlong ·

Mans moet bykom! Geen vroumens is dit werd nie!!! Nou moet hy sonder haar aangaan en self die kinders grootmaak net oordat hy gejeuk het vir ‘n vroumens wat hom nie eers verdien nie.
Jammer Christa. HaHaHa

CHRISTA ·

Nee KarooKlong, jy bevestig net my punt: mans het GEEN respek vir hulle vrouens of meisies nie. Hulle word net gesien as besittings wat verwerp word sodra die man besluit sy het haar vervaldatum bereik!! Jy erken dit self!!!

zahn ·

Christa, moenie veralgemeen nie, asseblief. Ek kan jou, op grond van jou kommentaar hierbo, saam met ‘n hele paar ongure karakters in dieselfe mandjie gooi, maar ek doen dit nie. Jy klink regtig suur. Lees asb Maroela se laaste sinnetjie in hul waarskuwing heel bo. Jy is baie naby. Vreeslik naby.

Asjas ·

So vrouens is net goed genoeg tot sy die kinders groot gemaak het dan ruil jy haar in vir ‘n jonger een? AS (en dit is ‘n groot AS) ju getroud is, weet vroulief wat le vir haar voor? Verander eerder jou naam na chauvinist want jy gee die Karroo se mann ‘n slegte naam.

KarooKlong ·

Asjas, as ‘n vrou spel soos wat jy doen dan moet jy haar wegjaag voordat die kinders skool toe gaan.
Moet ook nie so oppervlakkig lees nie. Ek het net bietjie gek geskeer met Christa.
As ek ‘n vrou gehad het sou sy verseker saam gelag het hieroor.
Ek kyk nog uit vir so een.

langjan ·

my vrou is 15 jaar ouer as ek.en ek is 30.ons is al 9 jaar saam en ek ruil haar vir niks.so die mense wat angaan oor mans wat vroue inruil ens.dink 2 keer voor jul veralgemeen.eks baie gelukkig getroud.en ek is nie elke man nie….

Johan ·

Soos ek dit verstaan, het ons hier ‘n vrou wat haar vervreemde man probeer vermoor . Dan self omkom en amper ‘n onskuldige met haar saamneem, met haar roekelose gedrag.

Nou kom die media en beeld haar uit as ‘n “victim”.

Sorry, maar haar dade dui op ‘n geskiedenis van geweld en ek kan verstaan hoekom haar man van haar af weggevlug het.

Hannelie ·

Ek verstaan nie….hoekom het die lafaard van ‘n man van haar nie maar eerder geskei van haar nie. Maar deesdae is dit ‘n “mode” om rond te loop, as jy ongelukkig is in jou huwelik, en jy kry nie meer waarna jy soek nie. Doen die regte ding: Skei eers dan loop jy rond!!!

Se Maar Net ·

Verbode vrugte is mos lekkerder as die wat jy mag eet???
Weet julle hoeveel mans en vrouen maak hul skuldig hieraan??
Dan blameer ons sosiale mediums..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.