Vrou sterf toe trein haar tref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is dood toe sy Dinsdagaand deur ʼn trein in die weste van Johannesburg getref is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is deur lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringforum (GPF) na die toneel in 3de Laan in Florida ontbied. Daar het hulle die vrou se lewelose liggaam op die treinspoor aangetref.

“Paramedici het die vrou ondersoek en bevind dat sy veelvuldige beserings opgedoen het. Daar was egter niks wat vir haar gedoen kon word nie en sy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Hy het gesê volgens omstanders het die vrou probeer om die treinspoor oor te steek toe sy deur die trein getref is. Die voorval sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Koos ·

As ou voetwaser vlok nie die spoorweg polisie ontbind het in 1886 sou baie van hierdie voorvalle vermy kon word maar so tref die ripel effek ons nou

Mike ·

Ai Koos miskien 1986 maar ek was self nog daar,eers in 1990 dink ek maar het bedank wou nie deel word van SAPS vandag is ek bly…

JK ·

Koos was daar al in 1886 treine in die weste van Johannesburg?

vermende ·

Ek het net die opskrif gelees maar sluit daai gruwelike skuldage trein toe, hoe kan hy die vrou sommer so stamp en dood ry waar sy onskuldig en uit sy pad is……..RASSISTIESE TREIN!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.