Vrou sterf toe verskeie motors haar tref

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou is Donderdagoggend dood nadat sy deur verskeie motors op die N7 in Philadelphia in die Wes-Kaap getref is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 06:50 gebeur. Volgens ooggetuies is die 32-jarige vrou deur ʼn motor getref voordat sy deur verskeie ander motors saamgesleep is.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het die vrou in die middel van die pad gelê. Daar was ongelukkig niks wat paramedici vir haar kon doen nie aangesien sy reeds aan haar veelvuldige beserings beswyk het,” het Meiring gesê.

Hy het gesê paramedici moes die vrou se ma kalmeer wat die gru-voorval sien gebeur het.

Die polisie sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Ek neem aan sy wou die pad kruis en het haar misgis met die spoed van die motor want ouens ry eerder 140 km/h as 100 km/h. Dit is nie altyd maklik om spoed te bepaal as die voertuig reg na jou toe aankom. Nou lyk dit ook op die foto asof daar ‘n mistigheid was. Meer as en motor het haar getref wat ook ‘n aanduiding is dat hulle té na aan mekaar was indien hulle in dieselfde baan agtermekaar gery het. Natuurlik bespiegel ek en maak my bewering ook geldig vir ander soortgelyke ongelukke wat noodlottig was of ernstige beserings tot gevolg gehad het. Wees dus op die uitkyk vir voetgangers want hulle is onvoorspelbaar en is nie langs die pad vasgemaak. So ‘n ongeluk kan ook die motoris sy lewe kos.

Eileen ·

Wat ‘n hartseer verhaal vertel die foto netnie wat saam met hierdie berig geplaas is. . .
Dis baie hartseer, en voel ek bitter baie jammer vir die ma wat moes toekyk hoe haar kind deur die motor(s) getref is, en sy kon niks aan die situasie doennie.

Adamsrib ·

Vir die Ma , my hele wese roep na GOD om jou te troos en te dra . . . .

Theresa B ·

Hoe verskriklik. Die arme vrou het ook seker net probeer by die werk kom. Maar die motoriste jaag altyd soos besetendes.

RC ·

Theresa B ek het daardie pad gery vir jare en dit is ‘n snelweg en as dit nig donker is in die oggend soos dit wel in die Kasp is dan is dit BAIE moeilik om te sien, vernaamlik as iemand skielik voor jou motor inhardloop. Moet nie motoriste blameer as iemand oor die snelweg probeer kort pad neem nie. Ek voel baie jammer vir die ma wat dit moes aanskou, my innige simpatie vir haar.

Carina ·

Jammer dat die vrou so moes sterf, maar die enigste persoon wat paslike kommentaar hier gelewer het, is Annie. WAT SOEK HULLE OP ‘N SNELWEG??!! Nou sit vele motoriste met moordsake teen hulle, maar hulle was nie die verkeerde party nie.

Cherokee ·

Nee, die enigste gevoelvolle kommentaar is die van Adamsrib. Selfs die gebruikersnaam vertel dat sy ‘n mens is wat geestelik lewe.

Jammer ·

Ek voel ook vir haar Ma jammer, maar Moeder hoe laat jy toe dat jou kind so besige pad oorsteek, dit is nie ‘n pad nie, dit is ‘n snelweg en daar is dubbele bane uitmekaar, nee regtig hoe kan jy dink jy gaan daai oggend verkeer dubbele bane veilig kruis, daar is nie robotte wat bietjie verkeer kan ophoop dat jy gou jou kans kan vat nie. Ek stem saam met Carina hoeveel onskuldige eerlike padgebruikers sit nou met roekelose en nalatige bestuur as gevolg van ‘n jong dame wat regtig onverskillig met haar eie lewe was. Ja die motoriste ry vinnig, hallo dit is ‘n snelweg!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.