Vrou sterf, twee beseer in gru-ongeluk

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

‘n Vrou is dood en twee mense is beseer in ‘n gru-ongeluk op die N2 tussen Zinkwazi en die Tugela-brug in KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê volgens ooggetuies het ‘n bakkie en ‘n motor gebots voor die motor in vlamme uitgebars het.

Botha sê met paramedici en brandbestryders se aankoms op die toneel was die vrou steeds in die wrak vasgekeer. Sy is op die toneel dood verklaar. “Een persoon het ernstige beserings opgedoen terwyl die ander persoon slegs ligte beserings opgedoen het.”

Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sollie ·

Daar word altyd woes op daardie pad gejaag! Strenger wetstoepassing op permanente basis is nodig…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.