Vrou sterf tydens aanval by hul huis in PE

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Martha Snyman (83) het gesterf ná sy en haar man, David Snyman (76), Saterdagoggend by hul huis in Rowallanpark in Port Elizabeth aangeval is.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar was tussen 10:30 en 11:30 by hul huis toe ʼn onbekende man by die agterdeur van hul huis ingekom het. “Die aanvaller het Martha in die gang van die huis gekonfronteer. Haar kop het ʼn stamp opgedoen en sy het geval.”

Die verdagte is daarna na die sitkamer waar hy David teëgekom het. “Mnr. Snyman het geringe beserings aan sy kop opgedoen. Twee selfone en ʼn onbekende bedrag kontant is gesteel.”

Martha het op die toneel aan haar beserings beswyk. Die verdagte het weggehardloop.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. Die verdagte word beskryf as ʼn persoon met ʼn donker gelaat en hy het donker klere aangehad. Sy broek was groen en hy het ʼn afro-haarsnit. Enigiemand met inligting word versoek om Ronald Mahleza te kontak by 082 442 1384 of die SAPD in Kabegapark by 041 397 6802. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Werner ·

Dit is al die derde ou dame die week en nie n piep van ou CR nie seker omdat dit nie van sy mense is nie en dan dink mense nog hy is wonderlik hoe pateties

johanf ·

Jy slaan die spyker op die kop Jaco, wonder of buurtwagte al mag funksioneer…….

Michael 1 ·

Mense word elke dag aangeval ,die media kan n verskil maak deur die ware feite te gee sodat ons kan sien wie ons mense aanval.

penny ·

Ek dan gelees ons misdaad syfers het af gekom agv lockdown.. dis jammer dat weerlose mense se lewens net gevat word!!!

Tinus ·

Dan hou Ramaphosa seker vol dat dit vals nuus is. Hier is geen ras verwante voorvalle in SA nie, ook geen plaasmoorde nie.
Dankie Maroela dat julle hieroor berig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.