Vrou sterf tydens bromponie-ongeluk

Foto: ER24

ʼn 35-jarige vrou is Vrydagaand in Protea Heights naby Brackenfell in Kaapstad dood toe sy van haar bromponie afgestamp is.

“ʼn Bakkie het die vrou se bromponie getref. Sy het onder die bakkie se wiel gelê toe paramedici omstreeks 19:50 by die toneel opgedaag het,” het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Sy was in ʼn kritieke toestand.”

Paramedici het die vrou na Tygerberg-hospitaal geneem, maar sy het aan haar beserings beswyk toe sy by die hospitaal opgedaag het. Sy is by die hospitaal dood verklaar.

Plaaslike owerhede stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.