Vrou sterf tydens geldwa-rooftog in Rustenburg

Argieffoto

ʼn Vrou is Vrydag doodgeskiet en gewapende rowers het met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug tydens ʼn transitorooftog in Rustenburg, Noordwes.

“Vier swaar gewapende mans het met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug ná ʼn skietery met SBV-personeel,” het sers. Ofentse Mokgadi, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy het gesê SBV-beamptes was besig om geld in kitsbanke in President Thabo Mbeki-rylaan te laai, toe die gewapende rowers toegeslaan het.

“ʼn 55-jarige vrou is deur ʼn dwaalkoeël getref en sy het in die hospitaal aan haar beserings beswyk,” het Mokgadi gesê. Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en moord. Geen verdere beserings is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alida ·

En kon nie een SBV wag een rower tref nie. Wat beteken die “kannonne” wat hul saamdra dan? Inside job.

En ·

En elke geldwa dra trots die naam om uit te basuin ‘ek is vol geld gelaai’!

Ouvrou ·

En my kind sê diè week vir my. Ma die geldwaens hier se mense is nie eers bewapen nie. Sy het 2 mde terug N Z toe verkas. Haar man was nie goed venoeg vir hierdie land se polisie nie. Daar dink hulle hys fantasties.

Alida ·

Geen blanke is meer goed genoeg vir SA nie. My seun is in die polisie in die VK al vir 15 jaar en goed opgelei.

MK ·

Gert
J wat do lekker praat, is j van Rustenburg, weet j hoe laat die insident gebeur het? Dit was vroeg oggend terwyl mense oppad was werk toe. Misdaad vier hooggety in Rustenburg, hul steel 3+ Toyota LDV n dag, dis nie al nie, dames word helder oordag geroof by mall, hul huise!!! Toe nou wil j daai mense van SVB die skuld gee, is. Die rowers nou die hero’s!!! Niemand se wie het die sneller getrek wat daai moeder se lewe beeindig het nie!!!!!
Sterkte aan haar gesin en familie

LMF ·

Wees seker waarvan julle praat wat in n land van crime lewe SBV sorg dat jou bank geld het sodat jy dit het om te gaan shop en al het hul dit 12uur in die nag gedoen niks sou die skelms gestop het nie en ja daai tyd van die nag is daar nog onskuldige mense in die straat en banke het ook skuld want hul het net sekere tye wat geld deliver mag word inside job of nie jammer oor dame wat haar lewe verloor het omdat ons regering nie instaat is om crime te voorkom nie

Sonja ·

Die mense van SBV het die hele aangeleendheid baie goed handteer eks trots op hulle. Eks van Rtb en werk skuins oorkant waar dit gebeur het. Die mense werk aan die pad daar so die verkeer is bumper teen bumper heeldag daar. Hul beroof die mense in daardie blok soos jy nie kan glo nie elke dag aanskou ons die gebeure. Rtb het n baie hoe misdaad syfer alles word nie eersgeplaas nie. Dit is hartseer van die dame want syt net gedoen wat sy elke dag doen en in n oogwink is haar lewe beindig. Die oomblik toe die koeel haar tref is haar voertuig oor een van die randstene ook. Mag haar gesin en familie vrede vind in Vader se genade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.