Vrou sterf tydens gewapende huisroof

Lo-Anne Koekemoer (Foto: Facebook)

Lo-Anne Koekemoer (Foto: Facebook)

Lo-Anne Koekemoer (41) is Vrydagoggend dood toe vyf mans die gesin in hul huis in Glen Donald, Meyerton in Gauteng, oorval het.

Konst. Maria Letsele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die aanvallers het by ʼn kantoorvenster ingebreek. “Haar man was in die kantoor en die mans het hom met ʼn koevoet aangeval.”

Lo-Anne se man, Tommy (44), bedryf ʼn konstruksiemaatskappy op die perseel.

Lo-Anne het twee seuns, onderskeidelik agt en 10 jaar oud. Letsele het bevestig die seuns, haar ma, suster en susterskind, was ook by die huis ten tyde van die aanval.

“Een skoot is gevuur en die vrou is in haar regterarm getref,” het Letsele bygevoeg. “Die res van die gesin is in die sitkamer aangehou.”

Volgens Letsele het die mans gevlug met R3 000 kontant, twee vuurwapens, televisiestelle en selfone. “Hulle het in ʼn Hyundai i20 van die toneel gevlug. Die voertuig is later verlate gevind in De Deur.”

ʼn Ambulans is ontbied en Tommy is deur paramedici ondersoek. Hy is nie in ʼn hospitaal opgeneem nie, maar het later van rugpyn gekla.

Lo-Anne en Tommy is op 26 Oktober getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

judyanne.dreyer ·

Ag siestog eks so jammer vir almal wat iemand verloor deur die hande van Hierdie barbaarse optredes , maar die Here slaap nie Hy sien jou en hy gaan vir jou kom groot Meneer met jou geweer wat dan niks gaan beteken nie!

mel ·

Nou vra ek wat gaan gebeur met di wetterse goed!!!!!!! Skuus maar net nog ‘n blanke mens op di kerfstok, dis asof om te Moor maar net nog ‘n alledaagse stokperdjie geword het, genade man, genoeg is genoeg, wanneer gaan dit ophou. My innige simpatie met haar naasbestaandes , Mag God Jul dra deur hierdie hartseer tyd. RIV Lo-Anne

M'Lady ·

… en so gaan die volksmoord ongehinderd voort en geen haan kraai daaroor nie maar die “doodskis” storie is in elke nuusberig en op alle TV kanale. Die hofverigtinge word tot uitgesaai. I rest my case.

George Havenga ·

Stem.Waar is die DA en al die grootmonde as blankes so aangeval word.Waar is die media wat so sensasie maak van die “doodskis”storie nou???Skande.

anna ·

Wonder nou of kyknet se nuusprogram nou ook die wit en swart so gaan uitlig soos wat gisteraand en vanaand op hul 7uur se nuusberigte was oor die doodskis episode waar niemand eers dood is nie.

ada ·

George ek stem saam. Dit is n skande. Wys jou die moraliteit en integriteit van die media.Die tekort daaraan .

mariaan ·

En so moet ons hoeveel keer per dag hoor en lees van die doodskis waar niemand dood of beseer is nie, terwyl onskuldige mense daagliks vermoor word. Wat het van ons land geword?

Helga ·

My innige simpatie aan die familie. Sterkte van Texas tannie

PJ van der Watt ·

Sy was nog op skool toe hierdie land weggegee was en het nog nie stemreg gehad nie. Onskuldige bloed. Daar is ‘n vlaag van moorde op vroue, kinders en bejaardes. Die weerloses sterf eerste. Sterkte aan haar geliefdes, dit is so hartseer.

Jo Meyer ·

Wag wag. Die vrou is dood?? Maar in di arm geskiet? Die man leef maar is met n koevoet aangeval? Ek verstaan glad ni.

wilma van wyngaardt ·

Sy is eintlik 2 keer geskiet. Eerste was deur arm en 2de deur die hart. My neef is aangerand asook sy skoonma.

Nita ·

Sien dis die tipe ding wat gedrag uilok soos die doodskis voorval en die Parysboere se optrede. Dan raak die media hier en oorsee, skoon histeries. MAAR se my, die hoeveelste witmens is dit al hierdie jaar, wat wreed vermoor of beroof is????is die syfer al deurgegee aan Al Jazeera en die res van die oorsese pers?? Nee glad nie!!! Want die syfers word weggesteek deur die media.

Piet ·

Hlaudi moetsoneng hou dit van die tv s af wil net wys wat wittes doen dit laat S A goed lyk as hy die moorde stilhou in opdrag van no 1 wat n skande hulle maak presies soos die engelse in die boere oorlog vermoor die vrouens en die kinders en daar bly niks oor nie tiepise stadige volksmoord op blankes die lafhards plaas dat hulle die mans aanvat die vuilgoed amper elke dag word n witvrou in SA doodgemaak dit moet stopgesit word

Phoebe N van Emmenes ·

Is in 1954 gebore en n kind toe Verwoerd vermoor is. Die leiers na hom het mettertyd die Afrikaner vervreem van sy morele en kulturele basis en vra die jonger geslag met reg vandag “wat het julle gedink doen julle!” My innige simpatie aan Mevr. Koekemoer se familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.