Vrou sterk aan ná Lanseria-plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 71-jarige vrou, wat anoniem wil bly, sterk Saterdag in die hospitaal aan ná sy geskiet is tydens ʼn plaasaanval Donderdagaand.

Dave Muller van die plaaslike buurtwag, het aan Maroela Media bevestig sy was alleen by die huis op die plaas Rieftontein 532, ook bekend as die Hills & Dales-gebied, toe sy geluide in die huis gehoor het. “Sy het aanvanklik gedink dit is die honde, en het gaan ondersoek instel,” het hy gesê.

Muller verduidelik die aanvallers het deur die sinkplaatdak ingekom. Die dak het houtpanele aan die kant. “Ons vermoed hulle was nog nie in die huis nie, want een het uit die dak op haar geskiet en die ander deur die venster. Hulle het op haar begin skiet toe sy hulle raaksien.”

Die vrou is in haar kuit en voet getref. “Die koeël is deur die kuitspier en het in haar been tot stilstand gekom. Sy is daarvoor geopereer. Die voetwond is reeds op die toneel deur paramedici behandel.”

Die vrou kon alarm maak, maar as gevolg van die swaar weer die aand in die gebied, het dit ʼn ruk lank geneem voor sy met die buurtwag in kontak kon tree. “Ek het uiteindelik agt oproepe van haar gemis, al het my foon net een keer gelui,” het Muller verduidelik. Dit was die aand omstreeks middernag. “Ons het ook as gevolg van die slegte sein die aand gesukkel om met ander lede van die buurtwag in verbinding te tree.”

Volgens Muller was die Jukskeirivier in vloed en kon van die beamptes nie die rivier oorsteek om hulp te gaan verleen nie. “Een van ons beamptes, aan die ander kant van die rivier, het ligte op die huis geskyn sodat die aanvallers moes weet daar is hulp op pad.”

Weens die reën het die aanvallers egter spoorloos in die nag verdwyn.

Maroela Media wag op terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

En hulle komkommer hulle oor haatspraak. Dit is vir die regering die grootste kommer. Dit sou onnatuurlik wees indien daar nie haarspraak sou wees nie.

lettie ·

Gaan kyk op davidduke.com . dis n amerikaanse aktivis wie op sy blad oor wit genocide en brutale plaasmoorde in SA n video geplaas het.

Johann ·

Hoekom haal hierdie stories nie die veelgeroemde en hoog aangeskrewe sogenaamde hoofstroom media nie. En as (‘n groot as) dit gebeur word dit ‘n klein beriggie agter in die liegpapier. Ek dink ons moet die tradisionele media begin boikot. Koerante word duurder en dunner.

AL ·

Ek stem saam. Die hoofstroom media boikot ons witmense deur nie die plaasmoorde en gewapende huisrowe vd wittes te plaas nie, net wit rassistiese uitsprake hoofnuus te maak. So kom ons boikot hulle met ons geld.

Margi Johnson ·

Wonder maar net hoekom die buurtwag nie twee rigting radios gebruik nie – 100% meer doeltreffend as fone! Geen worries oor sein ens, net die druk van a knoppie!

Justice ·

Ek stem Margi – jy woon seker ook op ‘n plaas in ‘n afgelee gebied.

Isabel ·

Vader U weet wat ek gebid het. Verhoor asb. Ons word oral geboikot. Maar U weet alles. Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.