Vrou sterk goed aan ná honde-aanval

Ronelle Seitz in die hospitaal nadat haar honde haar aanval. (Foto: Verskaf)

Die vrou van Limpopo wat deur haar gesin se honde verskeur is, sterk goed aan in die hospitaal.

Ronelle Seitz (59) se kopvel is afgeruk en sy het verskeie bytmerke aan haar een been en voet opgedoen toe die gesin se honde haar “vir geen rede nie” aangeval het.

“Dit gaan goed met Ronelle, onder omstandighede,” sê Tess Riekert, die familie se woordvoerder. “Sy sal weer vanoggend (Woensdag) ʼn opvolgoperasie ondergaan en sal vir die volgende paar maande elke twee weke ʼn operasie moet ondergaan,” sê Riekert.

Maroela Media het vroeër berig dat Seitz reeds Sondag haar eerste operasie ondergaan het in die Netcare Hospitaal in Polokwane (Pietersburg).

Die honde is reeds ná die voorval van kant gemaak. Omdat Seitz nie ʼn mediese fonds het nie, sou sy aanvanklik van die Netcare-hospitaal na ʼn staatshospitaal oorgeplaas word en die familie het gevra vir donasies om haar in die private hospitaal te hou. “Danksy die skenkings wat ons ontvang het, kan sy nou die opvolgoperasies in die Netcare-hospitaal ondergaan,” sê Riekert.

Volgens Riekert het verskeie lede van die publiek die afgelope paar dae by die hospitaal opgedaag om Seitz te besoek. “Meeste van hulle was net nuuskierig. Omdat Ronelle baie rus moet inkry tussen die operasies het die dokter nou sy voet neergesit en gesê net naaste familie sal by haar toegelaat word,” sê Riekert.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

jo ·

Rerig? Julle vra vir skenkings en dan se julle die meeste mense is net nuuskierig, miskien is dit mense wat rerig belangstel en skekkings gemaak het. Geen hond gaan sonder rede net aanval nie.

Rissi ·

Totally agree! Dogs react to their immediate surroundings, those poor babies thought the daughter was in danger, the lady slipped and she wanted to break the fall by grabbing onto daughters arm, which to them was an immediate indication of a threat to their “mom”, and yes, why do you ask for money but people who want to give physical moral support by visiting is now suddenly a nuisance????

SêMaarNetEen ·

Jou linkerhand hoef nie te weet wat jou regterhand doen nie…

susan ·

Baie onvanpas om na iemand by ‘n hospitaal te gaan wat jy nie eens ken nie. Gee skenkings en vergeet dan daarvan want dan kom dit uit jou hart uit. Die woordvoerder van die familie gebruik jou woorde met meer insig.

entrepeneurs ·

woordvoerder van die familie staan aan die stuur van die geld insamel.

Onnie ·

Dan is dit seker die beter opsie om glad nie honde aan te hou wat iemand “dalk kan” verskeur, as “iets gebeur” wat die hond “rede kan gee” om iemand aan te val nie. Dis soos om ‘n gelaaide pistool in jou gesins se huis te laat rond lê, en hoop “iets tragies” gebeur nie…. So of dit nou’n “gelaaide geweer” of ‘n veghond is, die vraag is – is jy bereid om daardie “kans” te vat. Veral met jou geliefdes se lewens? Ek weet verseker ek is nie bereid om daardie kans te waag nie, maar lyk my party mense is…

Clyvia ·

Ai mense ons oordeel tog so maklik.
Ek lees nêrens dat hulle sê die mense is ‘n “nuisance” nie. Daar is ‘n groot verskil tussen nuisance en nuuskierig. Die vrou is in die hospitaal en die dokter het dit stop gesit. Daar is baie ander mense soos ou mense in die ouetehuise wat geen besoekers kry nie. Gaan besoek hulle eerder en los die vrou dat sy kan rus en aansterk.

Domvraag ·

Ongelukkig het sekere ras honde niks nodig om hulle te trigger nie. Hulle is onstabiel en verander binne sekondes sonder rede van n liefdevolle hond na n gevaarlike wreedaardige gedierte. n Hond wat van kleins af groot geword het tussen kinders en dan net op n dag hak sy kop uit en verskeur hy alles in sy pad. Het geen keuse gehad as om hom te skiet want wou sy eie huismense sonder rede verskeur.
So as jy so rashond het, wil ek net vir jou sê hy gaan byt, dis net n kwessie van tyd.

Gwen ·

Ek sien dit het nou ‘n tendens geword in ons land om te vra vir donasies vir watter rede ookal. party doen dit by stopstrate en die wat baie baie beter af is doen dit op sosiale media. Dit bly bedel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.