Vrou swaar gestraf vir gru-moord

Argieffoto.

Jwayelile Khuboni (39) is Woensdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof swaar gestraf vir die ontvoering en gru-moord op Nomthandazo Dlamini (22).

Khuboni is tot vyf jaar tronkstraf vir ontvoering en 25 jaar vir die moord gevonnis.

“Sy sal 30 jaar in die tronk deurbring,” het KwaZulu-Natal polisie gesê.

Maroela Media het vroeër berig Dlamini se liggaam is op 10 September sonder ʼn kop of arms langs ʼn pad in die Sunrise Forest-omgewing aangetref.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Khuboni, wat skuld erken het op albei aanklagte, is op 10 September vasgetrek in verband met die moord en het aanvanklik in die Ixopo-landdroshof verskyn voor die saak na die hooggeregshof oorgeplaas is.

Volgens Zwane is Dlamini die laaste keer op 7 September gesien toe sy saam met Khuboni haar huis in Donnybrook, sowat 80 km vanaf Pietermaritzburg, verlaat het. Sy het nooit teruggekeer nie en haar familie het die volgende dag na haar begin soek.

“Die saak is by die polisie aangemeld en ʼn soektog is in samewerking met gemeenskapslede van stapel gestuur. Haar liggaam is 10 September gevind. Dit het gelyk of sy met ʼn bosmes gekap is. Albei arms en haar kop was vermis,” het Zwane gesê.

Khuboni is nog dieselfde dag in hegtenis geneem en het die polisie na die plek geneem waar sy een van die arms gelos het. “Die ander arm en kop is steeds vermis,” het Zwane gesê.

Genl.maj. Bheki Langa, die provinsiale waarnemende polisiekommissaris, het die gewelddadige moord op die vrou veroordeel. “Dit is ondenkbaar dat ʼn vrou ʼn ander vrou op so ʼn wrede manier sal aanval en vermoor,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Denise ·

Hoe wreed maar nou ja dit is al baie gese die vrou is netso wreed indien nie erger nie so vir haar om die afskuwelike daad te gepleeg het was soos vir my om te kniel en te bid !!!

Nolene ·

In watter normale wêreld is 30 jaar n swaar straf vir MOORD. Ander plekke kry 30 jaar vir diefstal. Soveel goed maak nie meer sin nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.