Vrou terug in hof oor k-woord

‘n Skermskoot uit die video wat deur eNCA op YouTube gelaai is.

Die saak teen die voormalige eiendomsagent wat verlede jaar op videokamera vasgevang is toe sy ʼn Johannesburgse polisiekonstabel die k-woord toegesnou het, is Dinsdag in die Randburg-landdroshof uitgestel.

Vicki Momberg (48) is in Februarie 2016 op beeldmateriaal vasgevang waar sy beweerde rassistiese uitlatings teenoor die polisiebeampte maak nadat ʼn grypdief haar motorvenster stukkend geslaan het.

Momberg staan tereg op vier strafregtelike aanklagte van crimen injuria vir haar beweerde uitlatings.

Joe Davidovitz, Momberg se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê hy is nie van voorneme om ʼn getuie voor die hof te roep nie, maar hy wil graag die verdediging se saak heropen ten opsigte van die verklarings wat deur Momberg gegee is.

Tydens Momberg se vorige hofverskyning het die staat gesê sy gebruik die k-woord 48 keer op die video. Momberg het gesê sy voel die saak word oordryf en ten tyde van die voorval wou sy nie ʼn swart mens naby haar gehad het nie.

Staatsaanklaer Yusuf Baba het die versoek van die verdediging om hul saak te heropen teengestaan en gesê dit sal die saak net laat sloer aangesien Momberg se verklarings reeds op rekord is. Landdros Pravina Raghoonandan het saamgestem dat Momberg se verklaring onder eed gelewer is en gesê dit is nie nodig dat die verdediging se saak heropen word nie.

Baba het versoek dat die saak uitgestel word om die regspanne die geleentheid te gun om hul slotargumente voor te berei.

Die Gelykheidshof het in Junie beslis Momberg moet konst. Clement Mkhondo R100 000-skadevergoeding betaal. Momberg is ook beveel om ʼn geskrewe onvoorwaardelike verskoning aan hom te rig, asook om gemeenskapsdiens te verrig as deel van ʼn program wat deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) en geaffilieerde organisasies soos die Ahmed Kathrada-stigting aangebied word. As deel van die program sal Momberg die Apartheidsmuseum besoek en die MRK se gemeenskapsuitreikprogramme en sensitisering-werkswinkels bywoon.

Die strafregtelike saak is tot 13 September uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Leahim ·

Dit is asof MM hulle bes doen om rassespanning aan te blaas of is dit net ek wat so dink?

Derick ·

MM = Afriforum…hoe anders moet hulle geld maak as om ons kwansuis te verdedig?

Eish ·

Waarvan praat julle?
Flip Buys het in die week nog gesê hul veroordeel enige vorm van rassisme. Die feit dat blankes meer prominensie kry in sulke sake is ou nuus en beslis nie n MM inisiatief nie. Die feit dat die MRK baie vinnig is om blankes vas te vat wat hul hieraan skuldig maak is ook ou nuus. Ek verstaan sowaar nie wat jul bedoel met die insuniasie nie.

Ian Smith ·

Dit is hoogs tyd dat intelligente wit mense met hulle bevooregte lewenstyl ophou om rassistiese beledigings te gebruik om hulle frustrasies uit te spreek. Dit maak nie saak hoe jy dit probeer verdedig nie, die dame is verkeerd, en hoe vinniger die boodskap insink om nie ander kleuriges verneerderinde name te noem nie, te beter. “Tit for tat” argumente is nie helpvol nie. As mooi vra nie help nie, dan sal stywe boetes dalk beter werk. Dis soos dronk bestuur, mooi praat werk nie.

willie ·

Maar jy kan maar oor die micro foon sê kill the farmer en niks gebeur nie! R100000

Chevy ·

Waar was die gelykheidshof toe onaanvaarbare uitlatings gedoen is deur sekere regeringsleiders en politiekeleiders teenoor ons witmense?
Gelyke regte en gelyke pligte asook gelyke behandeling vir almal in Suid Afrika is baie ver te soek.

Mel ·

Stem saam jou leahim en willie, wel na vanaand se beslissing gaan ons blankes nog meer aftjop as ooit tevore

Susann de Beer ·

En wat van Malema se uitlatings dat all blankes moet uitgeroei word en hy bly in parlement. Klug

dom ·

Dit is BULL!!!!! ek soek dan skadevergoeding van die wetters wat my n wit hond noem .. Ek voel sommer teneergedruk en wil my eie lewe neem , want ek is n wit hond genoem . Die BLF twak se all white people will die , nou voel ek bang en is n emosionele wrag agv dit . Ek kannie meer werk nie ek soek nou skadevergoeding van 10 mil rand . kom mense wie is saam met my , wie is ook emosioneel geknak ?

Haan ·

Ons word hof toe gesleep oor woorde, terwyl die grond al rooi is met die bloed van vermoorde witmense. Here verlos ons van die bose.

Tina ·

As n blanke vrou die Saps kantoor in Springs besoek word daar so teen haar gediskrimineer en word sy Baie SWAK behandel. Daar is die MRK of is hulle net vir Swartmense?

A. Mac ·

Ek sê nog steeds dat daar twee stelle wette is vir sulke tipe uitlatings, nl. kom ons looi die witmens wat iets kwyt raak teenoor die swarte se dankie, ons aanvaar jou verskoning. En dit lyk nie juis of die organisasies wat so geredelik by ons wit mense wil geld insamel die wil of lus het om hierdie saak daadwerklik aan te vat nie. Ons wit mense moet hiervan kennis neem en net ons bekke hou en ons rug op enige uitlokking en uittarting deur anderskleuriges draai.

anton ·

Jammer maar die Here help die wat bereid is om hulle self te help!!!
Ons blankes het ongelukkig nog baie om te leer en dan is daar natuurlik baie van ons wat NOOIT sal leer nie. Feite.
Israel het vir 40 jaar deur die woestyn getrek omrede hulle nie wou hoor en luister nie.
Hoe lank gaan ons woestyn duur?

Corrie Steyn ·

God please save the RSA again,You can see the trouble we are in,please God !!

Jordaan ·

Was daar al ‘n enkele boete aan ‘n swart persoon opgelê oor rassisme? Het enige swart persoon al sy/haar werk verloor agv rassisme?

Blits ·

Jordaan, die antwoord is NEE en NEE, maar wat ek wel kan sê is dat hulle beskerm word deur die wet en die hof en al hulle uitlatings en dade wor onder die mat gevee, in hulle kultuur is dit so dat hulle niks verkeerd doen nie dit altyd iemand anders is behalwe hulle.

Pietie ·

Waarom moet die vrou gedwing word om haar aan die skewe weergawe van ons geskiedenis, soos opgedis deur die Ahmed Kathrada-stigting, bloot te stel. En wanneer gaan die MRK van hul eie propaganda en dubbele standaarde ontslae raak?. Wag nog steeds dat swart oortreders dieselfde as blankes behandel word. Die moeilikheid begin by die MRK se lede en personeel. Lees maar die twak wat hul kwytraak. Ons het reg om te kla!!

BANG JAN SE VROU ·

JORDAAN.
Waar was jy al die tyd? Natuurlik nie! Witmense in hierdie land kan enigiets genoem word en niks sal gebeur nie. Gaan nou polisiekantoor toe en kla dat iemand jou gevloek of jou motor geskop het en kyk wat gebeur. NIKS as jou vel wit is nie.

BANG JAN SE VROU ·

Die geskiedenis kan nie verander word nie en die K-woord was donkie jare in gebruik deur almal in hierdie land. Luister na die mense langs die braaivleisvure. Luister wanneer iemand te na tekom word en hoe hy dan die skuldige beskryf. Mag ek die outydse woord DONKIE hierbo gebruik het of is dit vandag ESEL.

nettie ·

Mense wees gewaarsku. Julle gaan uitgelok word on hierdie skel woorde the gebruik. Hulle weet hulle gaan so geld maak

karen ·

Sterkte Vicky Momberg jy sal, geen steun kry van FB & kie ek wens ek kon jou help. Dit maak my naar wan wit mans so skaam kry vir wit vrou wat fout maak. maak mens wonder ne? ek wens ook di man sal net skeer asb !!!!! en dan asb moet hy bewys hy is ernstig oor kleur > ruil jou luukse huis met die wat jy so aanhang en ruil sommer jou luukse motor vir public transport !!! toe wyd ons hoe bloubaadjies 100jr gelede opgetree het !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.