Vrou tronk toe vir man se moord

Argieffoto (Foto: VBlock/Pixabay)

ʼn Vrou wat haar man se moord haarfyn beplan het, is Dinsdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Helen Mashaba (41) was die meesterbrein agter haar man se dood. Sy het twee huurmoordenaars gehuur om haar man “uit te haal”. Dié twee is egter steeds op vrye voet.

Mashaba se man se liggaam is op 10 Oktober verlede jaar in Modderspruit, Noordwes, gevind. Volgens kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, het hy drie skietwonde aan sy bolyf gehad.

“Mashaba is ondervra en sy het gebieg dat sy haar man se moord beplan het,” bevestig Aafje.

“Volgens Mashaba het sy twee huurmoordenaars gekry om haar man ‘uit te haal’. Daar is later vasgestel dat Mashaba reeds vantevore planne gehad het om haar man te laat vermoor.”

Mashaba is op 20 Oktober vanjaar skuldig bevind aan moord. Die twee huurmoordenaars word egter steeds gesoek.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting wat tot hierdie verdagtes se inhegtenisneming kan lei om sers. Michael Sello of die Mooinooi-speurders by 060 987 9861 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anel ·

Dis altyd vir my verstommend dat die polisie hulp vra om spoke op te spoor. Hoe verwag hulle hulp as daar geen beskrywing van die verdagtes is nie? Of enige ander inligting, soos waar, wanneer, dag en datum. Onthou, almal onthou dag en datum van gevalle nie, totdat dit weer genoem word. Maar net my mening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.