Vrou, tuinier op plaas by Leandra aangeval

Argieffoto: Reint Dykema

’n Vrou en haar tuinier is Woensdagoggend op ʼn plaas in die Leandra- en Kinross-omgewing in Mpumalanga aangeval.

Drie aanvallers, wat glo met twee vuurwapens en ’n mes gewapen was, het die tuinier op die erf oorval en ernstig aangerand voor hulle die huis binnegegaan en die vrou drie keer met ʼn mes gesteek het.

Jacques Alberts van die Stratcon-veiligheidsmaatskappy vertel dat die aanvallers glo geld geëis het toe hulle die vrou twee keer in haar been en een keer in haar boud met ʼn mes gesteek het. Die aanvallers het toe te voet van die toneel gevlug.

Die vrou het dadelik hul bure van die voorval in kennis gestel en hulp is ontbied.

Alberts sê hulle is net na 08:00 van die aanval in kennis gestel. Plaaslike boere en buurtwagte het saam met die polisie op die aanval gereageer en die aanvallers se spoor gevolg. Al drie aanvallers is in hegtenis geneem.

Die boer was nie tydens die aanval tuis nie aangesien hy reeds met sy dag se werksaamhede begin het.

Die vrou en haar tuinier is albei vir behandeling na die naaste hospitaal geneem.

Volgens Alberts is die slagoffers nie ernstig beseer nie, maar het die aanval hulle erg getraumatiseer.

Die polisie het die aanval en die inhegtenisneming van die aanval bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Marcello ·

Ek is jammer, maar daar is nie ‘n manier dat ek vandag op ‘n plaas wil gaan bly nie. Dit is net te maklik om doodgemaak te word.

Kruidjie-roer-my-nie ·

Dis maklik vir joú om te sê. Wat as dit jou beroep, leefwyse en inkomste is. Mens kan nie net oppak en trek nie, waarvan gaan jy dan leef?

Danie ·

Seisoen vir plaasmoorde en aanvalle nou weer oop wonder maar net.En die stilswye bevraagteken van sapd en ander verantwoordelikes in die bekamping van die ewel misdaad.

Ilze ·

Kill the Boer is mos nie haatspraak nie. So sê die hof. So twee en twee is vier

ES ·

Mense is heeltemal te laks met hul sekuriteit. Gelukkig is hul altwee se lewens gespaar maar daardie boer, sy vrou en werknemer/s gaan hul sekuriteit moet opskerp.

Jy moet maar weet, as jy ‘n plaas het gaan jy een of ander tyd geteiken word, maak nie saak waar in die land jy bly nie.

isabelle ·

die buurtwag is baie werd in soveel omgewings DIS LEEU WERELD :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.