Vrou, twee honde dood in ongeluk

Gerda Bence (51). (Foto: Facebook)

ʼn Fisioterapeut van Oos-Londen en twee van haar honde is dood in gister se ongeluk op die R72 naby Alexandria in die Oos-Kaap.

Die polisie het haar geïdentifiseer as Gerda Bence (51).

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, het gesê Bence was vermoedelik van Port Elizabeth na Oos-Londen op pad, toe sy naby Alexandria beheer oor haar motor verloor het.

Die motor het omgeslaan.

“Daar was ook drie honde saam met haar [in die voertuig]. Twee is in die ongeluk dood en die derde is in die sorg van die plaaslike DBV,” het Govender gesê.

Algoa FM berig Bence was op pad huis toe ná ʼn hondeskou die naweek toe die ongeluk gebeur het.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

O Wee ·

Jonathan, die klag van strafbare manslag is om enige vuilspel te ondersoek of uit te skakel…….dink ek.

Gaitsigubib ·

Nou Abe as hulle dan wel bevind dat Me Bence skuldig was na maande se ondersoek en baie geld wat vermors is, dink jy sy gaan aangekla word? n Ongeluk moet wel ondersoek word en n dossier geopen word, want dis moontlik dat n ander party die ongeluk kon veroorsaak het. Om egter sommer ‘n “mansslag” dossier te open voor mens weet of daar n misdaad was vind ek belaglik. As dit normale prosedure is dan behoort hulle die prosedure te verander.

Sandy ·

Dit is vreeslik hartseer. Ook oor die 2 honde. Ek hoop die familie gaan haal die hond by die DBV want ek kan my indink hoe bang en onseker hy/sy moet wees. Hy was in die ongeluk en nou is hy by vreemde mense. My innige simpatie met Mev Bence se familie se groot verlies.

Lizelda ·

Ja, nee, Sandy ek hoop ook van harte so. Dis so bitter hartseer maar n mens moenie vergeet vd trauma en onderste-bo lewe die arme oorlewende hond nou het nie. Ek hoop familie of vriende gaan haal hom. R.I.V. aan almal wat hulle lewens verloor het in die ongeluk…

INA ·

Dis bitter hartseer. My 2 honde is soos my kinders; èk dink die oorlewende hond is erg getraumatiseer!!! Arme dier… ????????

wonder maar net ·

Nou ja… nie almal het iets te doen met wet en orde nie… so dankie vir die inligting oor die strafbare manslag nou verstaan ons ook. Dink ook aan die arme hond by die DBV… hoop iemand bekend (familie) gaan tenminste om die hond te sien. As ek die hond was sou ek darem baie dankbaar gewees het as iemand bekends opdaag om sien of ek O K is!!

Christa ·

Dis reg kla die oorledene aan vir manslag. Sy het dan beheer verloor?

Linda van Mosselbaai ·

Skaap honde is geweldig gedissiplineerd – so ek dink nie hulle kon ‘n faktor gewees het nie.
Ek hoop net die oorblywende hond kom gou uit by iemand wat oonvoorwaardelike liefde sal uitstort op die brak.
Sterkte aan almal betrokke – ons vergeet soms die mense wat fisies moet werk met die afgestorwenes.

Ilse Schurmann ·

Pirow is okay en by Gerda se familie. Daar is ‘n paar van julle wie se kommentaar ek hard en ongenaakbaar vind…dit was ‘n geweldige ongeluk…’n wonderlike mens en 2 dierbare honde is oorlede.. haar familie en vriende kry baie swaar tans…ek is een van hulle…

.

Ilse Schurmann ·

Die oorblywende hond is veilig by Gerda se familie.En nee die honde het nie die ongeluk veroorsaak nie. En nee Gerda het nie onverskillig gery nie. Dit was net ‘n verskriklike ongeluk..en daar is ‘n wonderlike mens en twee pragtige slim honde oorlede…’n groot verlies vir die familie en vriende …ek is een van hulle. En ‘n groot verlies vir die fisiowereld.

Abe ·

O Wee,
Natuurlik. Jy is reg. Ondersoek moet plaasvind, verslag opgestel word en saak moet gesluit word.

JL ·

Ek onthou haar van skooldae af. Baie jammer om van die tragedie te hoor. Sterkte aan al haar familie.

EO ·

Ja nee Ilse ek stem saam met jou. Party mense maak hulle eie afleidings en dan kom die lelikste uit hulle uit. Toon geen respek vir ander nie.
Jammer oor julle groot verlies.

Zettie ·

Dis so hartseer. Klink wreed, maar my wens is dat die vroutjie en die 2 honde op slag dood is en nie gely het nie…………baie sterkte aan die familie en vriende en veral vir arme Pirow wat nie verstaan wat gebeur het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.