Vrou, twee kinders sterf in botsing

(Foto: ER24)

ʼn Vrou en twee kinders is Sondagaand in ʼn botsing buite Viljoensdrif in die Vrystaat dood.

Paramedici van ER24 het omstreeks 21:30 op die toneel op die R82 aangekom, het Russel Meiring, ER24-woordvoerder, gesê.

Twee ligte voertuie het gebots – die een voertuig is in die pad aangetref en die ander een langs die pad.

“Paramedici het ʼn vrou en ʼn dogtertjie, vermoedelik drie jaar oud, in een van die voertuie aangetref. ʼn Seun, vermoedelik sewe jaar oud, is buite die voertuig aangetref. Die vrou en twee kinders het reeds aan hul beserings beswyk.”

ʼn Passasier van die ander voertuig is deur die provinsiale nooddienste op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.

Die presiese omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

Jy maak die aanmerking sonder enige aanleiding daartoe, in die berig.

Anoniem ·

As ek so na die foto kyk, dan dink ek ook dit kon net spoed wees wat ‘n voertuig só laat opfrommel het. My hart gaan uit na daardie oorledenes.

Peetjie ·

Sterkte aan die oorlewendes, veral die seun wat nou alleen moet grootword… Ek kan sommer dink spoed is betrokke en “chicken” speel..

Vettiemaragartos ·

Ek self was gister middag laat op pad vanaf Centurion na Rayton. Dit was vir my skokkend om te sien hoeveel mense onder die invloed bestuur. Hulle voertuie was net die pad vol. Beweeg swewend tussen die bane of ry wydspoor oor die strepe. Kon net die Here dank dat ek veilig by my bestemming uitgekom het.

Die gesegde soos die priester so is die volk kom onwillekeurig gereeld deesdae by my op.

Sterkte aan almal wat ‘n geliefde moes afstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.