Vrou, twee kinders sterf in brand

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Vrou en twee kinders is dood nadat die plakkershut waarin hul geslaap het, Vrydag in die vroeë oggendure in Durban afgebrand het.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die plakkershut het in die Ezakheleni informele nedersetting afgebrand.

“Paramedici is op die toneel ingelig dat die vrou die kinders se ouma is,” het McKenzie gesê. “Die ouma en twee kinders is op die toneel dood verklaar.”

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

“Geen vuilspel word in hierdie stadium vermoed nie. ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat ʼn brandende kers, wat sonder toesig gelaat is, die oorsaak van die brand was,” het hy gesê.

Hy het gesê die vrou was 60 jaar oud en die kinders onderskeidelik agt en nege jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.