Vrou tydens aanval op kleinhoewe aangerand

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die polisie is op soek na agt gewapende mans wat Woensdagaand op ʼn kleinhoewe naby Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, toegeslaan en ʼn vrou aangerand het.

Vasti van der Merwe, voorsitter van die Bronkhorstspruit Sektor 3-gemeenskapspolisiëringsforum, het Donderdag aan Maroela Media gesê die groep mans het omstreeks 22:10 op die kleinhoewe in die Vaalbank-omgewing toegeslaan.

“Hulle is eerste na die huis waar die gesin se huishulp woon. Dié huis is losstaande van die dubbelverdiepinghoofhuis. Hulle het die vrou aangerand voordat hulle na die hoofhuis is,” het Van der Merwe gesê.

Volgens Van der Merwe was die gesin tydens die rooftog op die boonste verdieping van die huis. “Die groep was onder in die huis doenig toe iets hulle vermoedelik op die skrik gejaag het. Hulle het ʼn plasmatelevisie en DVD-speler gegryp, skote afgevuur en te voet gevlug.”

Niemand in die hoofhuis is beseer nie.

Die Bronkhorstspruit-polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof. Die verdagtes is steeds soek.

Van der Merwe het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om versigtig en paraat te wees. Inwoners wat verdagte optrede sien, word versoek om die Bronkhorstspruit-polisie by 013 932 9200 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

My opinie ·

ÁGT GEWÁPENDE mans teen ÉÉN ÓNGEWAPENDE vrou….DAPPER mans. Ek hoop iemandgee hul van hul eie medisyne terug.

Mariana ·

Dit is wat ek ook dink, jy lees nooit dat dit een person is wat ‘n ander beroof of aanrand nie. Hulle kom altyd in groepe. Vir my is dit regte lafaards en niks anders nie, en dan in die meeste gevalle
teen ‘n weerlose dame of ‘n bejaarde. Dit is sieklik.

jo pearce ·

Dit is presies wat gebeur. Die mans is te vrek bang om alleen te kom, hulle kom in groepe en val alleenlopende persone aan of ouer mense, flippin cowards!

Gewapende roof se g$t ·

Gewapende roof, maar aangerand? Hulle maak oorlog teen ons.

Liewe heksie ·

Nou gaan staat aan teen Oscar maar wat van die wat aangaan in ons land o ja Oscar is wit en hy sit klaar in tronk te veel werk vir sapd om die ander kleur gemors te gaan soek

Stem saam ·

Ek stem saam met jou Liewe Heksie, dit is oor sulke goed dat Oscar se tragedie gebeur het, heeltemal ‘n hekse jag. Ek kan net aanmekaar se weerligstrale, hoe rand 8 mans een vrou aan en MRK en NVG almal sit heerlik gevoude hande, want niemand het ‘n saak gemaak nie, mag julle en julle vrouens en dogters ook so magteloos voel, of sy ‘n huishulp, MRK lid of rykste vrou op aarde was, sy is waardig soos elke vrou van die land.

Koos ·

Was die aanvallers wit,swart,Chinees,Indiërs waarvoor moet die publiek uitkyk voor?

Ben Prinsloo ·

Mooi so Koos ek en baie ander sal ook graag wil weet. Hulle is mos net “verdagtes”

Tc ·

Sê mos dis die nuwe woord van “kleur”………. Verdagtes.

Francie ·

Is dit net ek wat opgelet het dat die huishulp die een is wat aangerand is? Dis nie die eerste keer dat werkers ook onder aanvallers se geweld deurloop nie – of is die verlies van die plasmaskermtv en DVD-speler meer belangrik? Ek wens dat mense wat so vinnig vinger wys wil besef dat swart mense dikwels meer ly onder gewetenlose geweldadigers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.