Vrou tydens aanval op kleinhoewe in gesig geskiet

Argieffoto

ʼn Vrou is Vrydagoggend in haar gesig geskiet tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in die Cullinan-distrik.

Volgens voorlopige inligting het die aanval op ʼn kleinhoewe gebeur wat langs die Moloto-pad geleë is.

André van Heerden, voorsitter van die plaaslike landelike veiligheidseenheid, het aan Maroela Media gesê daar was vermoedelik drie aanvallers betrokke. Die aanvallers het die vrou en ʼn werker op die kleinhoewe oorrompel. Die vrou is in die proses deur haar onderkaak geskiet.

Die werker kon glo daarin slaag om ʼn vuurwapen by een van die aanvallers af te neem, waarna die drie aanvallers in ʼn voertuig op die vlug geslaan het. Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die aanvallers het in ʼn silwer Mercedes E200 gevlug.

Volgens Van Heerden het die aanvallers in die rigting van Moloto gejaag, maar om ʼn draai beheer verloor en die voertuig het omgeslaan. Hulle het van daar te voet gevlug.

Van Heerden het gesê die polisie was vinnig op die toneel en daar is ook ʼn helikopter gebruik om na die verdagtes te soek. Sover bekend is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Van Heerden het gesê die vrou is na ʼn hospitaal vervoer, maar haar toestand is bestendig.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê polisiebeamptes is steeds besig op die toneel en hy sal later meer inligting oor die voorval kan bekendmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johan. H. ·

Hoop die polisie laat geen steen onaangeraak in hul ondersoek nie, Ons is geskok!!

Bernadette ·

Gemorste, sou n bonus gewees het as hulle nie uit daai kar kon klim nie.

Bok ·

Nof ‘n satestieke syfer vir paasmorede.
Geen haan sal ooit weer daarna kry nie.

Oom Kalahari ·

Waarom altyd weerlose vrouens, oumense en kinders aanval en verkrag, want hul is gemaklike en sagte teikens wat maklik gemanupileer kan word. Dankie aan die lojale werker vir sy hulp en bystand anders kon dit ook moontlik ‘n tragiese einde gehad het. Wens die vrou alle sterkte toe tot herstel.

Anti plaasmoorde ·

Hulle soek sagte teikens. Arme tannie ek hoop sy herstel. Dit gaan net oor uitmoor. Ek hoop hul vang hul.

Hanna Hoekom ·

Ja, Sisulu… Gelukkig hoef geen Suid Afrikaner in enige vrees vir hul lewens te leef nie. Ons is mos, vlgs jou, n demokraties verkose land. Jou woorde laat my dink jy leef in n ander land. Sterkte vir die slagoffer en gee daai werker n Bells!

Netso ·

Hoop so die werker was geensins betrokke en hy beloon word! Hy is ñ held! Sterkte Tannie my hart bloei vir julle daar in SA!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.