Vrou tydens huisroof in gesig gesteek

mes-aanval

Argieffoto

ʼn Bloemfonteinse vrou in haar 50’s het haar Woensdag teen ʼn rower verdedig deur kookwater oor hom te gooi.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder van Bloemfontein, het gesê die vrou was omstreeks 14:00 in haar huis in Fauna besig met huistakies toe ʼn onbekende man in sy laat 20’s toegang tot die huis verkry het.

“Die vrou was in die agterplaas by die wasgoeddraad. Sy is terug in die huis deur die kombuisdeur en het iemand in die huis hoor rondloop. Sy het gaan ondersoek instel, waarna die man haar oorweldig en met ʼn mes gedreig het,” het Marope gesê.

Die vrou en die man het begin stoei. In ʼn stadium het sy kookwater oor hom gegooi in ʼn poging om haar te verdedig. Die man het egter teruggeveg en haar met die mes in haar gesig gesteek. Hy het op vlug geslaan met ʼn skootrekenaar, ʼn iPad, ʼn selfoon en klere.

Die vrou is ná die voorval na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Sy is reeds ontslaan.

Die Parkweg-polisie ondersoek die saak. Die verdagte is steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Eugene ·

Corrie ek dink nie die ras hoef gemeld te word nie ,want dit maak geen verskil nie. Dit is egter n tragiese voorval en ek is bly die vrou is oraait en lewe nog.

Eend ·

Almal weet wat die ras is. Daar is n reuse sterk korrelasie wat sulke misdaad, aanval van vroue en ras, enigiemand met brein en logika besef dit nou by die tyd. Dit is tyd dat die “liberales” dit nou moet begin aanvaar.

Eugene ·

Eend die kanse is gemiddeld 9 uit 10 dat die aanvaller swart kan wees as dit is wat jy wil hoor. Bedoelende dat jy seker weet die samestelling van die bevolkingsgroepe in ons land is om en by 1 wit teen oor 9 ander. Hoop jy neem dit in aanmerking by jou sienwyse.

Eend ·

Eugene hier erken jy dit self. Wit maak 10 percent van bevolking uit (jy sak verheug wees om te hoor dit daal baie skerp by die jaar) met ander woorde sowat tien present van die aanvallers en moordenaars moes wit wees. Ek se jou nou, uit die aard van my werk waar ek die dinge elke dag sien kan ek jou belowe dit is nie naby tien present nie. Die slimmes praat van dat sekere groepe “disproportionally” oorverteenwoordig is onder die moordenaar groep. Jy kan nie hiermee stry nie.

Wern ·

Natuurlik moet ras genoem word, dit is tog die mees uitstaande fisiese kenmerk om die polisie te help soek na die skuldige. Of is Eugene bang dit gaan uitgelig word dat 99persent van die aanvalle deur n sekere ras gepleeg word?

Cherokee ·

Eugene, jy probeer voorgee dat daar persentasie gewyse dieselfde hoeveelheid misdaad deur blankes gepleeg word as deur swartes. Volgens jou word 10% inbrake, kapings, moorde, rooftogt, opblaas van atm’s ens deur blankes gepleeg. Probeer liewer sin praat asseblief.

Kobus ·

Dit sal net genoem word watter ras hy is as hy nie swart is nie. So, moenie wonder nie, weet. Indien dit enige ander ras was, sou dit genoem gewees het.

F Brits ·

Ek dink tog dit gaan help as die ras van die aanvaller en slagoffer bekend gemaak word,sodat die wereld kan sien wat aangaan.

Speedguard ·

Wat op aarde wil jy he moet die wereld nou nog sien, hulle het al alles gesien , dink u werklik hul sal iets doen , wat sal hul ekonomie daar by baat , net die Cineese bele en hul is nog erger in China. nee wat ou maat hierdie is ons probleem en sal ons s’n bly tot die perde horings kry !

HJM ·

Ek is bly sy het teruggeveg en hom ook bygekom, en nog meer bly sy is oraait.
Dit bly egter kommerwekkend.
U go girl!!!

Mariana ·

Baie goeie nuus dat die dame terug baklei en haar self teen die inbreker beskerm het. Baie sterkte mevrou en ek bid dat Ons Hemelse Vader u sal dra en bystaan na hierdie traumatiese tyd.

Topster ·

Die wereld gaan nie sien nie die SAUK sal dit sensor .dis soos verkragters en plaasmoorde waar die ras mos in hierdie Suid-Afrika nie ter sprake is nie anders as jy dit noem is jy dalk ook in die hof vir crime injurie

Tong innie kies ·

Jammer daar was nie bietjie seepsoda of soutsuur in die water nie,

Jana ·

Word mens nou met messe in die gesig gesteek as jy gaan wasgoed uithang??

Denise ·

Ek dink dit is tragies wat gebeur het wie betaal vir die skade aan haar gesig en wat van die verlies van die gesteelde items dit is haar persoonlike besittings en hoekom moet sy met n mes gesteek word deur iemand wat nie eens daar hoort nie ? Sy gan nie dieselfde wees nie ag nee dit maak my woedend en dit is waneer mens dinge uiter wat jy nie moet nie !!! Sterkte aan haar sy gan dit nodig he !!!

Denise ·

Nou wil ek weet wie betaal vir haar pyn en leiding en die gesteelde goed ?

Freud ·

Tog jammer dat die kriminele daad minder saak maak as die ras van die oortreder. Daar was iemand aangerand. Wat ook al die ras van die oortreder was moet eintlik geen gewig dra nie. Dit is die daad van inbraak en aanranding wat aangespreek moet word ongeag die ras van die oortreder. Hierdie land sal ook nooit reg kom met almal wat altyd die raskaart heel eerste uittrek nie.

plaasjapie ·

Hoe verkeerd dit ook al is wat met die vrou gebeur het…is sy gelukkig as mens na statistiek van moorde in ons land kyk.
Bly sy terug veg het…anders was sy dalk nie meer met ons gewees !
Wens net iemand wil Eugene se oogklappe afhaal !

Piet ·

As mens nie identiviseer waar die probleem le nie (i.t.v waar en wie misdade pleeg), kan mens mos nooit hierdie probleem aanspreek nie. In Amerika sal jy hoor dat ‘n “be on the lookout” uitgereik word vir ‘n cocasian, of n Afro- american of Latino, ens. Dit sou geen sin maak om uit te kyk vir n verdagte maar jy het geen idee hoe hy lyk nie. Mens is nou genoop om afleidings te maak wat soms verkeerd is. 99% akuraat is maar vir my goed genoeg.

Joann ·

Kyk buiteland se nuus. Altajeera hul weet meer wat in die land van ons aangaan as wat ons weet.

Oops ·

Ek wonder nou so by my self wat gaan gebeur as die aanvaller wit was…. ek bedoel, niemand wat hier kommentaal lewer weet nie. Wie weet watter kleur die dame is wat aangeval was… My eie huiswerker moes die paniekknoppie druk nadat iemand oor die muur gespring het, kon soveel anders gewees het as sy buite was besig met die wasgoed…. die niksseggende gesprekke oor kleur gaan nie die land verander nie… Haat aanblaas is van beidekante die doodsteek van ons land… Ons blaf soos honde vir die onbekende uit vrees. Moet baie van ons wat onsself christene noem nie liewer bid (met/in geloof) dat die een wat werklike ‘n veskil kan maak, ingryp nie. Ons harte is so vol haat en vrees, dat daar geen plek is vir God nie. Hoe kan mens met so ‘n hart ‘n opregte gebed doen. Daar is 2 x by my huis ingebreek, 1 x aangeval in huisbak (blanke), 3 celfone gesteel (1blanke) ens., maar my hart behoort aan God.

plaasjapie ·

Ons het die reg om ons vyande te haat en dit is skriftuurlik korrek om te mag haat.

Eugene ·

OOPS Stem volkome saam met jou! Baie goed gestel. Hierdie rassehaat van omtrent almal maak my mal!

Theresa ·

Dapper vrou! Mooi so vir kookwater gooi. Kry jou jammer oor die messteek in gesig en al die ander trauma!! Hoop regtig die skelm steler hou littekens oor om hom te herinner om dit nie weer te doen nie. Hoop die polisie doen BAIE moeite om die onwelkome persoon te vang.

Tina du Toit ·

@plaasjapie, Stem absoluut saam met jou, dis maar menslik om te haat as jy te nagekom is en deurgeloop het

Eugene ·

Tina: Haat dan die persoon wat jou te nagekom het. Los die res uit! Hulle het niks aan jou gedoen nie en hulle is net so menswaardig soos jy!

Eend ·

Se dit vir zumi en malema wat dit goed praat om alle witmense te haat.

neelsie ·

Julle is omtrent in mekaar se hare!
Los die probleem op en los mekaar uit.
Dit sal help as mense n hondjie aanhou, dra pepersprooi altyd aan jou, dra n skokstok of enige ding, maar verdedig jouself net.
Wees voorbereid en moenie jouself uit alles uit skrik nie.

Ouma mix ·

Dis gud baie gud vir daardie vrou sy het guts gehad hoop hyt goed gebrand oral

Chrisjan ·

Leer die les, as jy onkant gevang word, veg terug, heeltyd, met alles wat jy het. Haar moed het haar lewe gered.

Ben Prinsloo ·

Eugene ek hoop jy lees hierdie skrywe van my en Maroela sensor dit nie ook weereens nie. Verduidelik asb aan ons die volgende stukkie statistiek: in Amerika is om en by 75% van die bevolking wit en die res nie. In Amerika se tronke is om en by 75% van die tronkbevolking swart en die res nie. Wat sou jy sê is die afleiding en implikasie hiervan inaggenome dat die sogenaamde “apartheid” daar vir baie lank nou al afgeskaf is, ALMAL het gelyke regte. Ek hoorgraag van jou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.