ʼn Vrou is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal nadat sy Sondagmiddag tydens ʼn huisrooftog in La Lucia, KwaZulu-Natal, geskiet is.
Marshall Secuirty is net na 14:00 in kennis gestel van ʼn rooftog by ʼn huis in Royan Place. “Gewapende veiligheidsbeamptes is onmiddellik na die toneel gestuur en hulle het bevind dat ʼn onbekende aantal verdagtes by die huis ingebreek het terwyl die vrou alleen by die huis was,” het Marshall Security in ʼn verklaring gesê.
“Hulle het haar in die slaapkamer vasgebind terwyl hulle die huis geplunder het. Voor hulle egter die perseel verlaat het, het die vrou se man teruggekeer en hy en die inbrekers het met mekaar baklei. Die vrou is tydens die struweling in haar been geskiet.”
Die persone het met ʼn wegkomvoertuig gevlug. Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Marshall Security het die voertuig later in Glen Anil opgemerk en ʼn hoëspoedjaagtog het gevolg. “Die verdagtes het egter weggekom en niemand is in hegtenis geneem nie. Hulle bly op vrye voet.”
Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het die vrou op die toneel gestabiliseer voor sy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Die polisie se ondersoek duur voort.
Hoe is it moontlik dat die polisie iemand vang en dan die mense verloor?
Om iemand te JAAG is nie VANG nie ! Hoop net hulle het genoeg inligting gekry vir arrestasies.
JY MAG NIE TERUG SKIET NIE DAN WORD JY GEARESTEER VIR MANSLAG.
Maar laat die lid jou met ‘n mes aanval en jy pot hom. word jy toegesluit en aangekla van word?
Die wet beskerm die misdadigers slegs hulle mag skiet. Indien jy jouself en familie beskerm word jy aangekla van moord of manslag.