Vrou tydens plaasaanval aangerand, ontvoer

Argieffoto: Maroela Media

ʼn Vrou is Dinsdag helderoordag in haar huis op ʼn plaas buite Makwassie in Noordwes oorval waarna sy aangerand en ontvoer is.

Volgens kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, is die 58-jarige vrou tussen 13:00 en 14:00 deur minstens twee aanvallers oorval wat vermoedelik deur ʼn agterdeur toegang tot die huis verkry het. Die vrou was ten tyde van die aanval alleen by die huis.

Die vrou is glo herhaaldelik met ʼn stomp voorwerp geslaan voordat sy vasgebind en in haar motor geboender is.

Die aanvallers het met haar in die motor in die rigting van Makwassie gery. Tselanyane sê die motor het egter sowat 8 km buite die dorp onklaar geraak waarna die aanvallers met twee vuurwapens, drie selfone, juweliersware en klere op die vlug geslaan het.

Verbygangers het op die vasgebinde vrou in haar motor langs die pad afgekom waarna die polisie ontbied is.

Tselanyane het Woensdag aan Maroela Media verduidelik hoewel polisie die toneel langs die pad asook die plaashuis tot laatnag gefynkam het, is daar nog min inligting oor die aanval beskikbaar. “Die vrou was te getraumatiseer ná die aanval om ʼn verklaring af te lê. Sy sal waarskynlik deur die loop van vandag haar weergawe van gebeure gee,” sê hy.

Hy sê die moontlikheid word ook ondersoek dat die vrou verkrag is.

Volgens Tselanyane het die vrou beserings aan haar rug opgedoen en ʼn stukkende plek aan haar oor gehad.

Daar is aanvanklik na twee aanvallers verwys, maar die moontlikheid bestaan dat drie aanvallers by die voorval betrokke was, sê hy.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek sake van huisroof, ontvoering en verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eben ·

Kan die berig reg wees …. CR het dan gesê GEEN aanvalle word op WIT boere gedoen nie!

Leser ·

Eben, ek is seker ons president sal mos nie vir ons jok nie???

Ekke Dink ·

Die jagter het n bok gekwes en hom die heel nag laat bloei, todat hy vanself dood is. ‘n Vrou is aangerand en bes moontlik verkrag ens. ens. Wat is die verskill in die twee stories.
1) ‘n Derde party se (mense) regte is geskend.
2) Die derdeparty het geweldig gely.
3) Ons weet nie watse tiepe bok geskiet is nie.
4) Die identiteit(ras) van die slagoffer is nie bekend nie.
So, hou rasisme hier uit, todat ons weet, wat die etniese groep van die slagoffer is. Tragies verby.

LD ·

Huisroof, ontvoering en verkragting…. Wat van aanranding…..??? Sys mos met ñ stomp voorwerp geslaan? En soos gewoontlik is niemand nog met die voorval inhegtenis geneem nie. Ai….

Thinus Erasmus ·

Ja LD, dit was aanranding met die doel om ernstig te beseer en dit grens aan poging tot moord, deur die verdagte te ontvoer wou hul seker maak sy het die regte pinkodes gegee, en wat daarna?

Ria de Kock ·

Ja die gewone storie – geen inhegtenisnemings en sal ook nie verder as dit gaan nie, dit is wit boere to wie gee om nie die polisie of regering nie.

Theresa ·

Dis darem vreeslik dat jy nie eers in jou eie huis veilig is nie. Jy werk hard vir dit wat jy het en bepaal jou met jou eie dinge en dat dit……………………..
Gaan dit nooit ophou nie??!!

Chrisjan ·

Nee. Nie vanself nie. Goeie mense gaan moet opstaan en dit verander.

Adrian ·

Lafaards altyd 2 of meer om n weerlose vrou aan te val, slegte monsters in die land

Hans ·

Die vlak en intensiteit van misdaad neem yoe en is besig om ons hele samelewing te ondergrawe asb mr Cele hou op met interne politiek en spits jou enregie en aandag misdaad.

Gert J ·

Ek dink die klagstaat is foutief. MOET LEES: AANRANDING MET DIE DOEL OM ERNSTIG TE BESEER; POGING TOT MOORD; ONWETTIGE BETREDING VAN PRIVAAT EIENDOM; VERKRAGTING; ONWETTIGE VUURWAPENS EN AMMINUSIE; HUISROOF; ONTVOERING; RASSEHAAT; EN EK KAN NOG AANGAAN.

Bad Ballie ·

Cele moet minder hoede koop en meer bedag wees op geweldmisdaad

Heksie ·

Ek wens SAPS wil ophou om mense wat so getraumatiseerd is te boelie om verklarings af te lê. In baie gevalle vergeet die getraumatiseerde person belangrike detail.
Maak intussen ‘n “skeleton docket” oop en gee die arme vrou kans om tot verhaal te kom!

GP ·

Hoop sy sterk vinnig aan.
Hoop ook die wegbly stemmers voel goed oor die artikel. Julle is te lui om te stem sodat die gevalle teen gestaan kan word. Lees weer die artikel as jul braai dan gaan julle eers lekker voel.
So ook aan mense wat onwettige uitlanders aanstel en meer hiergeen lok. Voel goed oor julleself.

anton ·

Ja Gp……..1 of miskien 1.5 miljoen blanke stemmers sal sekerlik beslis n kans staan teen wat 30 of 40 miljoen ander???
Duidelik ”erken” jy die huidige regering want jy neem deel aan hulle verkiesings.
Toe die ”ja” stemmers veronderstel was om hulle koppe te gebruik en ”nee” moes stem, het hulle reeds alles weggee en vernietig vir ons mense!!!
Nou te laat om te wil huil!!!

Werner ·

Mense wat dink n gestemmery gaan n verskil maak het duidelik nie wiskunde op skool gehaad nie wat het die DA FF+ en al die ander reggekry hiedie afgelope paar jaar net mooi niks en dit gaan nie verander nie

Surina van Zyl ·

Die maan was vanaand so mooi toe ek tussen Wolmaransstad en Leeudoringstad gery het. Het uit my hart uit gewens ons land was veilig genoeg dat ek kon stilhou en ‘n foto neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.