Vrou tydens plaasaanval geskiet

Argieffoto

ʼn Vrou is geskiet en haar man aangerand tydens ʼn plaasaanval Vrydagoggend buite Modimolle in Limpopo.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê die egpaar is tussen 08:00 en 08:30 op die plaas deur vier aanvallers oorval. Die aanvallers het glo blou oorpakke en klapmusse gedra en het met vuurwapens, ander items en twee voertuie op die vlug geslaan.

Volgens Cameron is die vrou in haar maag geskiet en is ʼn mediese helikopter ontbied om haar na ʼn hospitaal te neem. Hy sê die vrou sal moontlik na ʼn hospitaal in Pretoria gevlieg word.

Sakkie Louwrens, direkteur van Heritage Protection Group (HPG), het aan Maroela Media bevestig een van die voertuie is in die Crecy-omgewing langs die pad gelos en die aanvallers het van daar te voet gevlug. Volgens Louwrens is lede van HPG, die polisie en die plaaslike buurtwag tans op die spoor van die aanvallers.

Maroela Media verneem ʼn helikopter is ook ingespan om na die aanvallers te soek.

Die provinsiale polisiewoordvoerder kon nie onmiddellik die inligting bevestig nie en Maroela Media wag op terugvoer.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
666

Hulle gaan gevang word maar in die proses vernietig ander lewens.

Helen

Liewe hemel, daar is nou byna ELKE DAG ‘n aanval in die nuus. Dank die Vader hul leef. Ons kan net bid vir hul herstel. Mense, ek weet nie meer nie, ons president spreek medelye vir bv die naasbestaandes van die onlangse Moskee-aanval in Malmesbury, maar wanneer ‘n boer ook wreed vermoor word, is hy tjoepstil. Hy het tot dusver nog nie ‘n woord gerep oor enige vermoorde boer nie. Ek is n enkelma van twee tieners wat op n kleinhoewe woon. Ons is paraat maar vrees nogsteeds daagliks vir ons lewe. Daardie allewige vrees en agterdog in jou agterkop… Lees meer »

HPV

Persoonlik voel ek die huidige regime moet verantwoordelik gehou word vir die mediese uitgawes van slagoffers. Dit is deur hul toedoen en beskerming van misdadigers dat hiedie tipe misdaad toeneem, nie net plaasaanvalle nie, maar aanvalle op alle Suid Afrikaners dit is letterlik ‘n menseslagting.

Hoop

Helen, die realiteit is dat ons in die wereld is en daarom ervaar ons wereldse bedreigings, maar die waarheid is dat as jy Jesus as jou Here en Verlosser ken, jy alle reg het om saam met die Psalm digter van Psalm 91 uit te roep ” Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, 2hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ‘n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante.… Lees meer »

ferdi

Wel ek kan jou ni moet inpraat ni dit lyk ni goed ni ek het baie jare terug plaasmoorde ondersoek dis aaklig om te sien ho kleinkinders dood geslaan word word en to al gesien wat wag op ons dit gaan net erger word jammer maar di land is wetteloos