Vrou tydens plaasaanval geskiet

Argieffoto

ʼn Vrou is geskiet en haar man aangerand tydens ʼn plaasaanval Vrydagoggend buite Modimolle in Limpopo.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê die egpaar is tussen 08:00 en 08:30 op die plaas deur vier aanvallers oorval. Die aanvallers het glo blou oorpakke en klapmusse gedra en het met vuurwapens, ander items en twee voertuie op die vlug geslaan.

Volgens Cameron is die vrou in haar maag geskiet en is ʼn mediese helikopter ontbied om haar na ʼn hospitaal te neem. Hy sê die vrou sal moontlik na ʼn hospitaal in Pretoria gevlieg word.

Sakkie Louwrens, direkteur van Heritage Protection Group (HPG), het aan Maroela Media bevestig een van die voertuie is in die Crecy-omgewing langs die pad gelos en die aanvallers het van daar te voet gevlug. Volgens Louwrens is lede van HPG, die polisie en die plaaslike buurtwag tans op die spoor van die aanvallers.

Maroela Media verneem ʼn helikopter is ook ingespan om na die aanvallers te soek.

Die provinsiale polisiewoordvoerder kon nie onmiddellik die inligting bevestig nie en Maroela Media wag op terugvoer.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

666 ·

Hulle gaan gevang word maar in die proses vernietig ander lewens.

Helen ·

Liewe hemel, daar is nou byna ELKE DAG ‘n aanval in die nuus. Dank die Vader hul leef. Ons kan net bid vir hul herstel.

Mense, ek weet nie meer nie, ons president spreek medelye vir bv die naasbestaandes van die onlangse Moskee-aanval in Malmesbury, maar wanneer ‘n boer ook wreed vermoor word, is hy tjoepstil. Hy het tot dusver nog nie ‘n woord gerep oor enige vermoorde boer nie.

Ek is n enkelma van twee tieners wat op n kleinhoewe woon. Ons is paraat maar vrees nogsteeds daagliks vir ons lewe. Daardie allewige vrees en agterdog in jou agterkop vreet jou op en ontneem ons SA’ners van ‘n kwaliteit lewe. Daar was onlangs by ons woning ingebreek toe ons weg was, en nou vrees ons dat daardie skurke sal terugkom.

Ek vind dit bitter om te sluk daar NIKS is wat ons en ander aan hierdie situasie kan doen. Kan enigeen my dalk probeer moed inpraat asb? Hierdie nonsens is uitmergelend en dit dryf mens tot depressie.

Alida ·

Helen jy vergeet ons president is baie besig om ‘n begrafnis vir een of ander vreemde koningin waarvan geen mens weet nie te reel. Hy voel ‘n veer oor ESKOM se bollie en/of enige plaasaanval. Hy loop regtig op dun ys en stel mens net elke dag meer en meer teleur.

Joey ·

CR klap hande na elke aanval, hy is nog al die jare vir dit.

HPV ·

Persoonlik voel ek die huidige regime moet verantwoordelik gehou word vir die mediese uitgawes van slagoffers. Dit is deur hul toedoen en beskerming van misdadigers dat hiedie tipe misdaad toeneem, nie net plaasaanvalle nie, maar aanvalle op alle Suid Afrikaners dit is letterlik ‘n menseslagting.

Hoop ·

Helen, die realiteit is dat ons in die wereld is en daarom ervaar ons wereldse bedreigings, maar die waarheid is dat as jy Jesus as jou Here en Verlosser ken, jy alle reg het om saam met die Psalm digter van Psalm 91 uit te roep ” Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, 2hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ‘n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante. ”
Vrede en oorvloed lewe vir jou en jou kinders.

Liezl ·

AMEN AMEN AMEN…HOOP
Dit wat uit ons monde kom moet krag dra.
Ons moet opstaan as kinders van die Allerhoogste.
Prys Hom te alle tye, ewen in swaer tye. Hy sal deurkom vir ons

ferdi ·

Wel ek kan jou ni moet inpraat ni dit lyk ni goed ni ek het baie jare terug plaasmoorde ondersoek dis aaklig om te sien ho kleinkinders dood geslaan word word en to al gesien wat wag op ons dit gaan net erger word jammer maar di land is wetteloos

Petr ·

Hul skiet die vrouens en boere in die maag vir n uitgerekde dood (dus dood bloei) en nie n opslagte vinnige dood nie. Die is hatecrimes wat ons president en ANC, EFF aanhits, en die DA is ook nie ver agter nie.

zeno ·

Plaasaanvalle en moorde, CR voel vere. Hy kan die land net so min regruk soos die man in die maan. Die land is nie beter af sonder Zuma,gaan net meer agter uit. Ek hoop baie mense maak hul oë oop.

Tania Heyns ·

Dagsê H.D Keyter

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania Heyns nms Maroela Media

Eisj ·

Aanvalle raak nou ‘n daaglikse ding. Ons almal wag maar ons beurt af.

Ditan ·

Maroela – die plekkie se naam is Crecy en nie Crecey nie.

Tania Heyns ·

Dagsê Ditan

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Gerhard Bezuidenhout ·

Ongelukkig is plaasaanvalle n realiteit en haatmisdaad ongeag wat politici en hul meelopers se. Die ANC en Ramaphosa voel n veer vir ons witmense en ons moet dit verstaan.

Jann ·

Ek bid vir julle. Hou altyd wapens by julle. Kry vir jou 2 worshondjies of keffertjies by n dieresorgvereniging om binne in jou huis te slaap saans. Ek het 5 gehad en altyd betyds gewaarsku van dreigende onheile. Laat jou kerkleier nagmaal kom hou op jou grond en die nagmaalwyn simbolies as die bloed van Jesus dit sprinkel jy rondom jou huis of so vêr moontlik. Dit hou ook die bose weg. Ek het op n plot in Mooiplaats gebly en skote het gereeld geklap. Maar ek het veilig gevoel deur die honde aan te skaf en die bloed van Jesus op staat te maak. VREDE VIR JULLE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.