Vrou tydens rooftog ontvoer

crime-scene-tape-320x191ʼn Vrou is Dinsdag uit die kattebak van ʼn motor gered nadat sy tydens ʼn rooftog ontvoer is.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, sê die rooftog het in Randfontein aan die Wes-Rand plaasgevind. Hy sê drie rowers het ʼn vrou tydens die rooftog ontvoer en haar in die kattebak van ʼn motor geprop en gevlug. ʼn Opsporingsmaatskappy het later vasgestel dat die motor in Brixton is. Minnaar sê die metropolisie het by die soektog aangesluit en drie mans is in hegtenis geneem. “Die vrou het nie seergekry nie maar was erg getraumatiseerd.” Hy sê daar is op twee ongelisensieerde vuurwapens, drie selfone en juwele beslag gelê. Die drie verdagtes sal binnekort in die Randfontein-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

En weer op borg vrygelaat word. ha ha ha ha. Viva ANC Viva !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.