Vrou uit derduisende geswendel in aanlynafspraak-slenter

(Argieffoto: Pixabay.com)

Drie verdagtes is vandeesmaand in hegtenis geneem in verband met ʼn sindikaat wat na bewering ʼn vrou uit derduisende rande bedrieg het deur middel van ʼn aanlynafspraak-slenter.

Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê die sindikaat het tussen 2017 en 2018 ʼn vrou (54)  onder die voorwendsel van ʼn aanlyn liefdesverhouding gelok.

Die sindikaat het die vrou laat glo dat sy met ʼn suksesvolle sakeman kommunikeer waarna sy met dié sakeman in ʼn aanlyn verhouding getree het.

Die vrou was egter salig onbewus van die slenter toe die sogenaamde sakeman geld nodig het om werksuitdagings te bowe te kom en sy geld vir hom geleen het in die hoop dat hy dit sou terugbetaal.

Volgens Nkwalase staan drie verdagtes nou tereg op dié bedrogspul van R844 000.

Gcobisa Sintu (33) en Tando Magwevana (34) het onderskeidelik op 25 en 26 Oktober in die onderskeie landdroshowe in Port Elizabeth en Oos-Londen verskyn nadat hulle vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem is.

Luyanda Bacela (32) is ook in verband met die slenter in Belhar in Kaapstad in hegtenis geneem. Sy het reeds in die handelshof in Bellville verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Sy sal weer op 11 November in die hof verskyn.

Sintu is op waarskuwing vrygelaat en sal ook op 11 November saam met Bacela in die hof verskyn.

Magwevana sal weer op 6 November in die hof verskyn, het Nkwalase gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
wilma

Wanneer gaan mense leer om nie te val vir enige slenter, maak nie saak hoe verlief jy is nie, waar geld ter sprake kom? As jy nie wil leer nie, moet jy dan maar betaal. Ek wonder net hoeveel van die geld gaan terugbetaal word? – seker niks. Ek weet ook van ‘n dame wat onlangs R500 000 verloor het a.g.v. ‘n bedrogspul waar voorgehou word dat jy jou geld kan verdubbel. Nodeloos om te sê dat sy bykans al haar spaargeld kwyt is en dit op ‘n ouderdom waar sy nie meer kan werk nie.

Beryl

Jammer vir die verlies maar ai tog, as n “suksesvolle besigheidsman” of enige man of vrou vir geld vra waarmee jy aanlyn klets moet die gevaarligte tog flikker?

Spook op thaba

Geen simpatie. Mense word genoeg in die media gewaarsku. Buitedien bespreek jy nie jou finansies met ander nie . My skoonsus was in so aa lyn verhouding. Toe die eerste versoek vir geld kom het sy gese sy nie geld. Net haar salaris. Syt daarop gestaan dat sy nie geld het. Na die derde poging het die lover verdwyn. Hehe

Deloris

Mense wil net nie Leer nie……

Belmarie

Die mens smag na liefde, sal tot betaal solank iemand jou net lief het. Ai ons lees elke dag van die tipe ding, maar ons leer niks.