Vrou uit miljoene geswendel ná aanlyn afspraak

Argieffoto (Foto: athree23/Pixabay)

Pius Emokpe (48) het Vrydag in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.

Kapt. Tebogo Thebe, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê Emokpe is op 4 Mei deur die Valke in die Noord-Kaap en die Strand- taktiesereaksie-eenheid in Kaapstad in hegtenis geneem. Die span het tydens die inhegtenisneming ook beslag gelê op ʼn onbekende bedrag kontant.

“Die klaer het aangevoer sy is deur Emokpe bedrieg ná hulle mekaar op ʼn aanlyn afspraakwebwerf ontmoet het. Emokpe het aangevoer hy is ʼn Italianer, gebaseer in Kaapstad. Die vrou sê hy het gereeld geld by haar geleen. Hy het aangevoer sy mariene maatskappy ervaar finansiële probleme. Die vrou het uiteindelik R3,4 miljoen vir Emokpe gegee.”

Emokpe het in die hof verskyn en sy saak is tot 18 Mei uitgestel vir ʼn formele aansoek om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Misky ·

Party mense sal net nooit leer nie. En dis groot geld, nie kleingeld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.