Vrou uit puttoilet gered

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou wat in ʼn puttoilet in Bankara naby Kuruman in die Noord-Kaap vasgekeer was, is Dinsdagmiddag gered.

“Lede van die gemeenskap het om die puttoilet saamgedrom toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, gesê. “ʼn Vrou, vermoedelik in haar 20’s, het op haar sy in die toilethokkie gelê.”

Die inwoners het paramedici gehelp om die toerusting te bring om die vrou te bevry. “Die mure om die toilet moes afgebreek word om die vrou te bevry,” het sy bygevoeg.

Volgens Bodasing was die vrou deurmekaar en sy het geringe beserings opgedoen. “Sy is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Volgens die inwoners het die vrou die oggend omstreeks 04:00 verdwyn. Paramedici is die middag ontbied toe iemand haar in die toilet gevind het.

Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Francois le Cochon ·

Volgens die berig moes die opskrif gelees het: ” Vrou uit toilethokkie gered”

Nico K ·

Ek stem saam met Francois. Volgens die opskrif klink dit baie erger as wat dit is. Sy kon in die put geval het en dan was sy diep in die moeilikheid. (Verskoon my gebrek aan woordspeling.)

Z bc ·

Ek stem. Die opskrif het my nou heeltemal verwar. Hoop die vrou herstel vinnig.

Delia ·

Het die foto soooo gekyk en gewonder: “Hoe op aarde het die vrou in daai gaatjie geval?” Stem saam, die opskrif is misleidend!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.