Vrou uiteindelik vas ná sy glo met R4 miljoen in vullissakke wegstap

Bathobile Mlangeni

ʼn Voormalige werker van die private veiligheidsmaatskappy SBV Services wat verbind word met die diefstal van R4 miljoen, is ná meer as twee en ʼn half jaar wat sy voortvlugtend was uiteindelik vasgetrek.

Bathobile Mlangeni sal na verwagting weer Maandag in die Alexandra-landdroshof verskyn nadat sy vroeër die maand in Zola, Soweto, in hegtenis geneem is, het lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, bevestig.

Mlangeni sal na verwagting Maandag om borgtog aansoek doen. Sy word van diefstal aangekla.

Mlangeni – en die miljoene – het in Julie 2019 spoorloos by ʼn kontantoptelpunt by die Mall of Africa in Midrand verdwyn. Huurders se geld word by dié punt gehou en van daar af vervoer.

Daar is vroeër berig dat Mlangeni na bewering twee grootmaatsakke met ʼn skêr oopgesny, die kontant in ʼn klomp vullissakke gestop, dit in ʼn stootwaentjie gelaai en daarmee weggestap het. Die beweerde diefstal is glo op kamera vasgevang.

Mlangeni was glo aan diens tydens die voorval en ʼn lasbrief is vir haar inhegtenisneming uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SjN ·

Sy het haar werk ernstig opgeneem en van dit huistoe geneem!!

Anna ·

Teen die tyd het sy seker alweer daarvan ontslae geraak ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.