Vrou ure lank aangehou, verkrag

Argieffoto

Twee aanvallers het ʼn vrou van Motherwell in Port Elizabeth in die Oos-Kaap se huisdeur oopgeskop, haar vasgebind en haar kop met ʼn kussingsloop toegemaak, waarna hulle haar herhaaldelik verkrag het.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou het Dinsdagaand omstreeks 23:00 tuisgekom nadat sy by vriende gekuier het, en haar motor voor haar huis parkeer. Sy het kort daarna geluide buite die huis gehoor en gaan ondersoek instel.

“Sy het twee onbekende mans by haar motor gesien. Toe hulle naderkom, het sy haarself in die huis toegesluit, maar hulle het die deur oopgeskop. Hulle het haar vasgebind, haar gesig met ʼn kussingsloop toegemaak en haar saam met hulle in haar eie motor geneem en herhaaldelik in ʼn bos op ʼn onbekende plek verkrag,” het Beetge gesê.

Hulle is daarna terug na die 27-jarige vrou se huis, waar hulle die plek geplunder het.

Die twee het uiteindelik Woensdag omstreeks 05:00 met die vrou se televisiestel, van haar persoonlike items, haar selfoon en kos in haar motor gevlug.

“Sy het haarself losgewikkel en na ʼn vriend se huis gehardloop van waar die polisie ontbied is,” het Beetge gesê.

Omstreeks 10:30 het polisielede op patrollie die vrou se motor in Ngomastraat in Motherwell opgemerk.

“Ná ʼn kort jaagtog het die bestuurder uit die motor gespring, tussen die huise ingehardloop en inhegtenisneming ontduik.”

Beetge het gesê forensiese ondersoekers sal nou die voertuig fynkam.

In ʼn afsonderlike voorval is ʼn 40-jarige vrou dieselfde aand omstreeks 18:00 verkrag nadat sy ʼn taxi van Wells Estate na Motherwell geneem het. Die bestuurder het van die roete afgewyk onder die voorwendsel dat hy ander passasiers gaan oplaai, maar het na ʼn bos gery en die vrou verkrag terwyl hy haar met ʼn mes gedreig het.

Die aanvaller het die slagoffer in die bos gelaat en gevlug. Die vrou het by ʼn nabygeleë sakeonderneming gaan hulp soek, het Beetge gesê.

Enigeen met inligting kan kapt. Michael Shannagen van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe bel by 082 779 7292.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Denise ·

Wreed hoe vrouens deesdae verkrag word skokkend en dit raak net erger !!!

Anoniem ·

Nee Goddelose land waarin ons woon, verkragtings, moorde diefstal, kapens en nog meer dit is n never ending story.

Hulhetweggebly ·

Die probleem het gekom toe die mense in 1994 wat kon stem. Nie die moeite gedoen het om te stem. En van toe-af het Der duisende mense met Elke verkiesing verskonnings gesoek om nie te gaan stem. Want bevoorbeeld een se my se pa se ma se haar kleinseun het nie ge stem. En Dan skreeu swaap no 1,2,3 agter na die selfde ou storie nog voor hul brein genoeg bloed en suurstof kry om beter oor die gevolge na te dink. En tesien is net weer nuwe storie in n ou baaitjie om Jan Alleman van stem bus weg tehou. Nie stemmers lug Jul sitvlak waar breins vas sit en gaan stem dat jou stem Kan tel.

Andre Stander ·

Mense, ons moenie vir een oomblik vergeet ‘ons’ het hiervoor gestem nie.

Nou het ons gelykheid, geleenthede in oorvloed, die res is maar net onvoorsiende nagevolge.

piet piet ·

En die meeste stem nogsteed daarvoor as jy vir die DA stem dan stem jy saam met hulle beleid,diskriminasie teen minderhede ens ens

Nel ·

*Sug* Andre Stander sit asb. ‘n ander plaat op en verander jou deuntjie – moeg om tot satwordens toe te lees dat indien ons destyds anders gestem het dinge nou anders sou gelyk het. Dis bloot nie waar nie. Die oormag sou ons in elk geval iewers na ’94 oorspoel het ongeag vir wie ons toe gestem het.

Abe ·

Andre Stander,
Dis onsin om te se ons het daarvoor gestem. Niemand het daarvoor gestem nie. Ons is almal siek daarvan om die storie te hoor.

Lynette ·

Ag ou Andre….jy sien net n baie klein deel van n groter prentjie…kan jy onthou dat amper die hele wêreld SANKSIES toegepas het teen SA a.g.v apartheid? Ons sou net as gevolg daarvan baie gou in Zimbabwe verander het. Nou neem dit langer om in Zimbabwe te verander….

wet ·

ja…., sommige mense het die dinge sien kom maar is as verkramptes uitgestel. Daar was baie politieke propaganda wat daardie tyd die rondte gedoen het maar as mense bietjie navorsing doen sal hulle sien dit alles het oor geld gegaan en nie oor gelykheidheid nie.

Perspektief ·

Die oormag sal dalk gekom het maar verseker weer gegaan het…dit het elkegeval nie vir meeste stemmers gegaan oor die oormag nie…maar oor buitelandse sport, en GELD, buitelandse opinie etc….en die onvoorsiene nagevolge is verseker onvoorsien maar nie onverwags nie, die hele afrika is n histories voorbeeld

jan ·

Ja nee die afrikaners was net so aan die sllaap soos piet retief voorheen was…

DA BO ·

Ek is nou al so moeg om te hoor hoe die meeste vir die DA stem. Rerig, dit raak afgesaag. Elkeen stem vir wie hy wil. Los ander uit.

Johan ·

Mag Onse Vader in die Hemel vir die betrokke vrouens genesing bring. Ek bid vir hulle. Dit is treffend hartseer om van hierdie satanistiese aanvalle te lees.

Mathys du Preez ·

Mense wat se ‘ons’ het vir hierdie goddelloosheid gestem is amper so wreed soos die booswigte wat hulleself aan hierdie wettelose, hedonistiese, selfsugtige gedrag skuldig maak! Kan jy jouself indink, jy lees die mees hartseer storie wat nog ooit vertel is, ‘n vrou se moedelose paar ure, wat sy gedink het haar laaste sou wees, wat sy dalk vir die Here gevra het, haar laaste kan wees? Waaroor sy nou dalk vir die Here kwaad is, omdat hy nie haar smekings gehoor het nie? Huh? Nou kom ‘n ou, wat ‘n rekenaar het, wat weet waar om die sleutels te vind, hy maak ‘n aanname dat almal wat dieselfde taal as hy praat en dieselfde velkleur as hy het in sy ‘ons’ is en dis die grootste leuen Andre, wat jy vir jouself vertel. My verstand kan baie verder dink as waar jy jou denke willens en wetens beperk het om heen te gaan, vir meer as ‘n kwart van jou lewe, ek dink dis veiliger om aan te neem dat jy niks verder kan leer nie, as wat dit sou wees om aan te neem dat ek en jy iets in gemeen het. Ek meen die slagoffer het die ergste trauma beleef as enige een van ‘ons’, kan jy nou sien hoeveel meer insluitend my ons is as jou ons? Dit is nie haar skuld nie, dis selfsug se skuld, die selfsug van mense wat nie omgee vir ander mense nie, dis wie se skuld dit is!

anton ·

Dis vir my verstommend om te sien dat daar wraggies nog mense is wat in onkunde wil leef!!!
Die wat nie wil hoor dat die ”meerderheid” wel gestem het vir die oorname in 1994 is heeltemal uitvoelling met die werklikheid.
As die ”meerderheid” nie hulle gesonde verstand kon gebruik het met die laaste blanke verkiesing nie en blindelings gestem het vir ons ondergang, help dit nie om verskonings te probeer soek nie.
Feite bly feite al doen en se jy wat!!!

Andre ·

@anton – ek stem volkome saam met jou. Nel, Abe, Lynette ens hierbo het baie te sê, oor Andre Stander se stelling ook, en allerlei verskonings word uitgedink vir die fiasko waarin ons sit. Die blote feit is dat die sg. “verkramptes” destyds teen al hierdie dinge gewaarsku het en dit voorspel het. Nogtans het die meerderheid blankes vir die “nuwe bedeling” gestem; en ons sit met die direkte gevolge daarvan.

Elsa Wessels ·

Dis onmenslik en hartverskeurend wat daardie twee onskuldige vroue moes deurmaak. Hulle lewe /psige sal nooit weer dieselfde wees nie en die monsters loop vry rond . . . om dit weer en weer te doen?

MW ·

Verkragters kyk vir ‘n slagoffer, lyk nie aldag spesifieke ras/kleur speel regtig ‘n rol nie. Niemand is veilig waar die varke rondhang nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.