Vrou val 50 m ná sweefskermsprong skeefloop

Die plek waar die vrou geval het. Foto: ER24

Die plek waar die vrou geval het. Foto: ER24

ʼn Vrou is Vrydag ernstig beseer toe ʼn sweefskermsprong by Brenton-on-Sea naby Knysna skeefgeloop het.

Volgens Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het die vrou vermoedelik nie genoeg hoogte bereik toe sy moes opstyg nie, waarna sy sowat 50 m ver in digte bosse aan die einde van die krans ingetuimel het.

“Paramedici is by die krans afgehys om by haar uit te kom. Die vrou is ernstig beseer en is met die hulp van ʼn AMS-helikopter en bemanning na ʼn veilige plek bo-op die krans geneem, waar paramedici haar verder kon behandel,” het Rossouw gesê.

Sy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal in Knysna geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

As die mens bedoel was om te vlieg, sou ons met vlerke gebore gewees het.

Tiger ·

Johann,Ons ry tog almal in voertuie en ons is nie met wiele gebore nie?Hoop die dame maak ‘n spoedige herstel .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.