Vrou val glo van winkelsentrum se eerste verdieping

Argieffoto

ʼn 28-jarige vrou het ernstige beserings opgedoen ná sy glo van die eerste verdieping van ʼn winkelsentrum se parkeerterrein geval het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Dinsdag omstreeks 18:30 in Bellville plaasgevind.

“Toe ons paramedici by die toneel opdaag, het hulle gesien die vrou het verskeie beenbreuke opgedoen ná die val. Sy was baie ernstig beseer.”

Die pasiënt is op die toneel behandel en daarna na Tygerberg-hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oorsaak ·

Die oorsaak, m.a.w. wat het aanleiding gegee tot ‘n ongeluk word selde oor verslag gedoen in die media. Ook hier word die plek van die insident verswyg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.