Vrou val na haar dood by Voortrekkermonument

voortrekkermonument-geloftedag

Argieffoto

ʼn Vrou, vermoedelik 55 jaar oud, het Vrydagmiddag na haar dood by die Voortrekkermonument in Pretoria geval.

Sonja Lombard, besturende direkteur van die monument, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn personeellid het omstreeks 16:20 op die vrou se liggaam afgekom nadat ʼn besoeker die vrou se verlate handsak opgespoor het.

“Niemand het die vrou sien val nie en daar kan nie tans gesê word of dit ʼn selfmoord, moord of ongeluk was nie. Dit sal met verdere ondersoek deur die polisie bepaal word,” het Lombard gesê.

Lombard het gesê die vrou het van die bokant, buite die monument aan die suidwestelike kant, na haar dood geval. Haar liggaam is in ʼn afgeleë gebied op die loopvlak van die monument aangetref.

“Toe ons van die voorval in kennis gestel is, het ons dadelik die polisie en paramedici ontbied. Die polisie het die vrou se selfoon, handsak en haar voertuig wat in die parkeergebied was, gevind. Ons vermoed sy was alleen by die monument.”

Die bestuur het die toneel en die boonste vlak van die monument afgesper en geen besoekers het die vrou se liggaam gesien nie.

Die personeellid wat die liggaam gevind het, het op die toneel berading ontvang.

Kapt. Disebo Selepe, polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê die polisie doen ‘n geregtelike ondersoek.

Die vrou se naam is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

frikkie botes ·

Die lyk na n tipiese selfmoord. Alleen en dood, as sy in n groep was en geval het kon mens dit as n ongeluk gesien het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.