Die polisie stel ondersoek in nadat ʼn vrou tydens ʼn musiekfees na haar dood geval het by die Mahikeng-stadion in Noordwes.
Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou, vermoedelik in haar 20’s, het die Mahika Mahikeng Maftown Heights-musiekfees bygewoon toe sy vanoggend omstreeks 01:00 by die stadion geval het.
“Sy is dadelik deur ʼn dokter en paramedici ondersoek, maar sy het ongelukkig noodlottige beserings opgedoen en sy is op die toneel dood verklaar.”
Enigiemand wat die polisie kan help om die vrou uit te ken of om haar familie op te spoor, word versoek om kol. Olebogeng Moraka te kontak by 082 569 2334.
Mens verstaan dat dit seker baie vroeg is in die ondersoek, maar ‘n mens sou graag ‘n bietjie meer inligting wou he. Bv. Hoe die ongeluk gebeur het. Op ‘n donker verhoog, val van ‘n paviljoen af, was sy lid van ‘ n skare mense? Was sy een van die wat opgetree het of wat ook al?
Nuwe inligting: Die polisie soek inligting om haar te identifiseer: sy het blou denim broek gedra + top met woord: “PARIS” daarop + swart en grys gestreepte sokkies.
Ek wonder wie was verantwoordelik vir die veiligheid by die stadion.
@PJC, die sekuriteit is nie verantwoordelik vir mense se optredes nie, hul kan nie veel doen as mens op mekaar se skouers klim, of erens in n hoek opklim teen stelasies nie. Mense moet verantwoordelikheid neem vir hul besluite en optredes.