Vrou val na haar dood

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

ʼn 23-jarige vrou is dood toe sy van die vyfde verdieping van ʼn woonstelgebou in Umhlanga, noord van Durban, geval het.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het aan Maroela Media bevestig die voorval het omstreeks 17:25 by ʼn woonstelblok in Meridianrylaan plaasgevind.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, was die vrou reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Sy het erge beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het sy gesê.

Zwane het gesê dit is nog nie duidelik wat presies gebeur het nie. “Die Durban-Noord-polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur om die oorsaak te bepaal,” het Zwane gesê.

Die vrou se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.