Vrou val óók uit venster

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou het Saterdagaand kritieke beserings opgedoen toe sy uit ʼn venster op die derde verdieping van ʼn gebou in South Beachweg, Durban, geval het.

Maroela Media het berig ʼn negejarige seun het Saterdagmiddag ook uit die derde verdieping van ʼn gebou, in Killarney, Johannesburg, geval.

“Die vrou het glo uit die venster geval en op die sypaadjie te lande gekom,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

Die vrou het kritieke beserings opgedoen. “Paramedici het gespook om haar te stabiliseer voor sy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.